Gedurende November 2003 is ‘n tak van die Volle Evangelie Kerk van God amptelik in Olifantshoek geopen en bestaan ingevolge die kerk se grondwet as preekpunt. Pastoor P van Rensburg van Postmasburg was die leier en ouderling S White het onder sy bevel as Hoofouderling gedien. Die kerk het vinnig sy plek in die gemeenskap ingeneem. Ouderling White het hom in Januarie 2004 as afstand Teologiese student by die VEK Bybel Kollege geregistreer en moes 32 take doen om ‘n diploma in teologie te verwerf. Hy het sy kursus suksesvol voltooi, deur al sy 32 vakke te slaag en so sy diploma verwerf. Hy het daarna sy aansoek om voltydse bediening voor die plaaslike Kerkraad gelê. Die Streeksraad het die aansoek aanbeveel by die Hoofkantoor van die VEK. Die keuringskomitee van die VEK by Hoofkantoor het vir Ouderling White geskik en bevoeg bevind as Pastoor en die aansoek voor die Uitvoerende Raad gelê. Die Uitvoerende Raad het toe vir Ouderling White as Pastoor aangestel. Die Streekraad het vir Ouderling White skriftelik in kennis gestel dat hy as Pastoor aanvaar is en dat hy as Pastoor en leier van Olifantshoek gemeente aangestel is. Die gemeente van Olifantshoek is tans besig met die bou van ‘n steen gebou was as aanbiddingsplek sal dien. Die gemeente is gedurende September 2011 as volwaardige gemeente afgestig en val nou direk onder die streek. Pastoor White is nou die leier van die gemeente. Pastoor White gaan in 2012 sy graad in die regte voltooi. Hy is ‘n bekwame en toegewyde geestelike leier. Die Gemeente wens vir Pastoor White en sy vrou alle voorspoed en sterkte ook. Die Kathu Gazette wens hom ook hartlik geluk met sy prestasie!










Aljazeera
CNN
EuroNews
JSE Shares
Moneyweb
Russia Today
SkyNews
Thomson Reuters




