Vroue Maak ‘n Verskil

ñ Klein groepie vroue van Postmasburg het besluit om hul kragte saam te span en terug te ploeg in hul gemeenskap om ‘n verskil te maak. Die Postmasburg Hulpsorg Aksievroue is ‘n dinamiese groep vroue en ploeg nou terug in onder andere: Postdene, Boichoko en Newtown om hoop te bring aan hulpbehoewende gesinne. Hierdie inisiatief was die visie van Me Fytjie Witbooi, om verby hul eie behoeftes en probleme te kyk, en uit te reik na die agtergeblewenes in die gemeenskap. Die Hulpsorg Aksievroue is ook geregistreer as ‘n nie-regeringsorgani-sasie. Met Witbooi as die voorsitster het die vroue groot planne vir hierdie jaar, wat insluit Bybelstudie en bidgroepe wat van deur tot deur sal beweeg om gesinne ook geestelik op te hef, mense sonder ID boekies te help, weeskinders te help in samewerking met die Welsyn en Maatskaplike dienste,TB pasiënte tuis te versorg en selfs leerders wat die pad byster geraak het, in samewerking met die polisie se verskeie sektorbestuurders terug op die skoolbanke te kry. Verskeie gemeenskap- en nie-regeringsorganisasies word deur hierdie vroue-aksie verteen-woordig. ‘n Besoek is ook afgelê deur verteenwoordigers van Rufco Ingenieurs. Kathu Gazette het verlede jaar berig van Sanna Jacobs wat veral die straatkinders onder haar vlerk  geneem het in ‘n 4m by 4m sinkhok in die Hakbosdraai informele woonbuurt. Rufco Ingenieurs het besluit om uit te reik nà hierdie berig en die dagsorg-sentrum van ‘n volledige steengebou, met krag en water, te voorsien wat reeds dakhoogte is. Die dagsorgsentrum sal nou ‘n veilige hawe wees vir veral straatkinders en die kinders van die informele woonbuurt, oor wie daar ‘n oog gehou sal word. Die dagsorgsentrum sal onder die vroue-aksie resorteer wat as ‘n kleuterskool bedryf sal word, waar die kinders die nodige sorg sal kry. Tydens hierdie geleentheid het die kinders van die dagsorgsentrum die gaste toegesing en ‘n gepaste boodskap is gebring.

Fytjie Witbooi (Voorsitster van die Postmasburg Hulpsorg Aksievroue), Me T van der Merwe (Verteenwoordiger van Rufco Ingenieurs) en Sanna Jacobs.

Speak Your Mind

*