Die polisie in Rosedale het die afgelope naweek ongeveer 79 persone gearresteer vir oorlaspleging. Ander positiewe arrestasies sluit in 1 vir poging tot moord, 1 vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, 3 vir verbreking van interdik, 3 vir in besit van vermoedelike gesteelde veeprodukte, 1 vir huisbraak en diefstal, en 1 vir diefstal.
OLIFANTSHOEK – Inquest
South African Police Service in Olifantshoek investigate a case of inquest whereby on Tuesday 5 May 2012 around 07:30 a motor vehicle was involved in an accident. According to Constable Lefifi they were patrolling the area together with Constable Mintor when they received a call from the charge office reporting the accident 5 km outside Olifantshoek on the Upington road. They despatched to the scene and found a white Ford Ikon overturned and the driver of the vehicle, a white female lying under the vehicle. According to Constable Lefifi it seemed that the driver lost control of her vehicle and the vehicle overturned. A medical practitioner was called to the scene and he declared the victim dead. Detective Sergeant (f) Human Investigates the case.
KURUMAN – House Robbery
The South African Police Service in Kuruman is investigating a case of house robbery. The incident occurred on Friday, 4 May 2012 at approximately 09:10 at Kalahari street in Kuruman. It is alleged that the suspects entered the house through the back door which was not locked, after attempting to break the burglar gate of the front door. Two women were found in the house and were tied up with cell phone chargers while one of the suspects held them down at gun point. One suspect was found at the scene, after the complainant managed to detain him, and the other two fled the scene on foot with an undisclosed amount of cash. An explosive was found near the scene and was sent for forensic analysis. A 33 year old man was arrested in connection with the incident and will appear in court soon. The police are still searching for the other two suspects. The investigation continues.
POSTMASBURG – Padtekens deur Vandaliste Beskadig
Vanaf 21 tot 23 April 2012 het onvolwassenheid en kriminele neigings weer hoogty gevier toe verskeie stop- en ander padtekens omgery en beskadig is. Hierdie afkeurenswaardige gedrag het ook in woonbuurte plaasgevind: Kanonbult, die stopteken by die kruising van Shone-en Houtstrate by die dorpsingang, in Wes-Einde, op die Beeshoekpad, is enkeles wat waargeneem is. Sakekamerlede het ‘n groot beloning aangebied om hierdie oortreders aan die pen te laat ry – ons hoop die publiek maak ‘n goeie geldjie met inligting sodat die kriminele vasgevat kan word. Hierdie dom optreders besef nie dat die publiek – en hulle self – weer hierdie kostes moet verhaal as die munisipaliteit se fondse gebruik word om die padtekens te vervang. ‘n Beroep word op alle verantwoordelike inwoners gedoen om bedag te wees op hierdie tipe oortredings en dit onverwyld aan te meld by die SAPD en/of u raadslid. As u volledige inligting kan gee van die oortreders is die saak soveel beter.
ROSEDALE – Leierskap Werkswinkel vir VRL van Skole
Die Rosedale Sektor Bestuurders, Konstabels RH Africa en RC Links, het op ‘n leierskap werkswinkel wat oor drie dae gestrek het vir die Verteenwoordigende Raad leerders (VRL) van Hoërskool AJ Ferreira, Laerskole Westerkim en Intermediêre skool Rosendal aangebied. Die werkswinkel het afgeskop op Woensdag 02 Mei 2012 by die saal van die Eiland Vakansie Oord, en is afgesluit op Vrydag 04 Mei 2012 by die Rosedale Gemeenskap saal. Sowat 90 leerders van die VRL van hierdie drie skole het die werkswinkel bygewoon. Verskeie leier figure in die gemeenskap het die leerders toegespreek, waaronder Pastoor F Basson, Pastoor BF Prince, Pastoor W Mmoloki, Pastoor P Potgieter en ook Mnr R Ramolefi (9de keer Suid-Afrikaanse hekkies kampioen). Die Sektor Bestuurders wil ook hulle opregte dank uitspreek aan almal wie ‘n bydrae gemaak het tot die sukses van hierdie werkswinkel. Die ondersteuners is: Pick n Pay, Sonskyn-Kafee, Game, Stap-In Supermark, Ons Winkel Juice-Den, Oranje Rivier Bakkery, CAN, Jes Malliam Gastehuis en Rosedale Catering & Dekor.
Hier staan Konstabel RC Links met al die leerders wie die werkswinkel bygewoon het.
MAGOJANENG – Mothibistad Success
Members from Mothibistad Detectives received information regarding a group of four males in possession of an unlicensed firearm around Magojaneng village near Kuruman. On Friday 04 May 2012 at approximately 03:05 an operation was conducted. The information turned out positive and all four males were arrested. A 9mm Beretta with 8 rounds of ammunition was recovered. A case of possession of unlicensed firearm was opened. Investigation reveals that the firearm was stolen and used in housebreaking and theft in Bela-Bela. The case is still under investigation. The Mothibistad Station Commander Lieutenant Colonel Hannah Bosman applauded the members for their quick response and recovery of the firearm.
KATHU – SAPD Besoek Bejaardes
Adjudant Offisier Maryna de Klerk en Adjudant Offisier Julana Cloete het saam met Elain Adler, ‘n fisioterapeut, op 17 April 2012 as deel van “Familie maand” die Gouegerwe van Kathu besoek. Elain het hulle maklike oefeninge gewys wat hulle sommer in hulle huise kan doen terwyl hulle kos maak of net sit en TV kyk. Daarna het twee dogters van Laerskool Kathu, Janeske en Carla, gedigte aan die bejaardes voorgelees oor “Wat is ‘n ouma en oupa”. Die tweetjies het ook aan elkeen ‘n handgemaakte krale sleutel houer uitgedeel. Een van die gelukkige dames het ‘n “make over” gewen wat geborg is deur “Loreal” van Foschini. Die oggend was ‘n groot sukses en al die borge word bedank.
Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO Presteer te Bergvesting
Saterdag, 14 April het Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO ‘n sportbyeenkoms te Hoërskool Bergvesting bygewoon. Laerskool Saambou en CVO Kalahari het ook deelgeneem. Die dag het met ‘n groot opgewondenheid onder die spanne begin. Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO se 0/19 Rugbyspan was onoorwonne dié dag en het al hulle wedstryde lag-lag gewen. Die volgende leerlinge van Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO is aangewys as beste posisionele speler/speelster vir die dag in hul betrokke ouderdomsgroep – Rugby: 0/9 Wian Joubert (skrumskakel) en 0/19 Christopher Janse van Vuuren (losskakel). Baie geluk met julle prestasies en baie dankie aan Hoërskool Bergvesting vir ‘n genotvolle dag en al hul puik reëlings.
UPPIE in Drama
Tydens die Kaapstad Dramakompetisie in 2011 is tien hoërskoolleerders landswyd gekies om in ‘n professionele produksie vir die 2012 KKNK te wees. Annake Horn was een van die tien leerders wat van 31 Maart tot 3 April 2012 te sien was in die KKNK debuutproduksie, “Bos”. Annake sê dit was ‘n ongelooflike ervaring wat haar visie oor die teaterwêreld verbreed het. “Bos” is geskryf deur die baie bekende Malan Steyn, en staan onder regie van die wêreldbekende Marthinus Basson. Stian Bam (Dawid Greeff van 7de laan) speel teenoor die groep jong opkomende akteurs. “Bos” handel oor tien tieners in ‘n bos, tydens ‘n oorlewingskamp, onder toesig van ‘n paramilitêre instrukteur. Spoke, hormone, groepsdruk en goggas! Hoe en wanneer oorleef mens dit? En hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie? Hou julle oë oop vir moontlike toekomstige optredes van die opspraakwekkende toneelstuk en kyk ook mooi uit, want van dié Uppie gaan jul nog baie hoor.
KURUMAN – ATM Bombing
The police in Kuruman are investigating the bombing of an ATM near the taxi rank in Kuruman. It is believed the incident occurred on Thursday, 3 May 2012 during the night. It is alleged that the bank officials noticed a hole in the roof of the ATM booth and that the machine had been damaged, possibly by explosives. Exhibits found on the scene were sent for forensic analysis. No one is arrested at this point. The investigation continues.















Aljazeera
CNN
EuroNews
JSE Shares
Moneyweb
Russia Today
SkyNews
Thomson Reuters




