Vanaf 21 tot 23 April 2012 het onvolwassenheid en kriminele neigings weer hoogty gevier toe verskeie stop- en ander padtekens omgery en beskadig is. Hierdie afkeurenswaardige gedrag het ook in woonbuurte plaasgevind: Kanonbult, die stopteken by die kruising van Shone-en Houtstrate by die dorpsingang, in Wes-Einde, op die Beeshoekpad, is enkeles wat waargeneem is. Sakekamerlede het ‘n groot beloning aangebied om hierdie oortreders aan die pen te laat ry – ons hoop die publiek maak ‘n goeie geldjie met inligting sodat die kriminele vasgevat kan word. Hierdie dom optreders besef nie dat die publiek – en hulle self – weer hierdie kostes moet verhaal as die munisipaliteit se fondse gebruik word om die padtekens te vervang. ‘n Beroep word op alle verantwoordelike inwoners gedoen om bedag te wees op hierdie tipe oortredings en dit onverwyld aan te meld by die SAPD en/of u raadslid. As u volledige inligting kan gee van die oortreders is die saak soveel beter.









Aljazeera
CNN
EuroNews
JSE Shares
Moneyweb
Russia Today
SkyNews
Thomson Reuters



