POSTMASBURG: Die jaarlikse Richard Miles-merieteprys is onlangs weer tydens die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gradeplegtigheid toegeken. Hierdie jaar is Maruping Mokalake met dié gesogte prys vereer. Richard Miles,’n voormalige leerder verbonde aan Hoërskool Blinkklip, was in die 1990s ‘n student aan die UV waar hy in drama en teaterkuns studeer het. Volgens Prof Nico Luwes, dosent by die Dramadepartement was Miles ‘n baie gewilde student en ‘n belowende akteur wat beslis hoogtes sou bereik het op die gebied van die uitvoerende kunste. Alhoewel dit nie ‘n akademiese merieteprys is nie word dit aan ‘n student met besondere meriete en spesifiek kunssinnige kwaliteite gegee, vertel Postmasburger Corlietha Swart, senior dosent in Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die UV. Sy is ook die voorsitter van die Bloemfontein Skrywersvereniging en verbonde aan die Ned Zuid-Afrik Vereniging (NZAV) wat uitruilstudente hanteer. Mnr Dawid van Wyk, opvoeder verbonde aan HS Blinkklip, vertel trots dat Richard Miles ‘n voorbeeldige, hardwerkende en leergierige leerder was. Hy was altyd omring deur maats wat aan sy lippe gehang het. Nadat Richard sy graad gekry het, het hy ‘n honneursgraad in drama en teaterkuns verwerf en ook verder vir ‘n Hoër Onderwysdiploma gestudeer. Hy was later ook ‘n assistent aan die Skool vir Opvoedkunde aan die UV, en het in Nederland sy meestersgraad in Afrikaans en Nederlands gedoen. Op 30 November 2001 was hy in die vroeë oggendure op pad huistoe nadat hy die aand saam met familielede en vriende gekuier het. Hy is oorval en verskeie kere met ‘n mes gesteek en van sy selfoon en beursie beroof. Hy is later aan sy wonde oorlede. Na Miles se dood het die UV en die Universiteit van Groningen in Nederland kragte saamgesnoer om die Richard Miles-merieteprys ter nagedagtenis aan Miles te stig. Die prys is ‘n geldelike bydrae tot die wenner van die prys se studies. Om in aanmerking te kom moet die student dieselfde eienskappe as Miles hê.Dit sluit in dat die student uit ‘n voorheen benadeelde gemeenskap moet kom en geldelik moet swaarkry en ook kunstig, kreatief en gewild moet wees. Edward Smit
Richard Miles in een van sy vele produksies op Univer-siteit as ‘n belowende student in drama en teaterkuns.
Belowende Student se Voorbeeld Leef Voort in Prys
Kumba Launches 10mm Lump Project at Sishen
Kumba CEO Norman Mbazima cuts the ribbon, officially launching the new 10mm Lump Project at Sishen mine. From the left : Paul Fouché – Manager Plants, Hannes Cronjé – Acting General Manager, Ric Fry – Project Manager DRA, Norman Mbazima, Johan Marais – Project Manager DRA, Andrew Loots – Executive Head of Operations and Nigel Mooragan – Project Manager.
Norman Mbazima, Kumba Chief Executive Officer, and Andrew Loots, Executive Head of Operations, attended the launch of the 10mm Lump Project at Sishen on Thursday 09 May 2013. The objective of the project was to unlock economic value by increasing the lump-to-fine ratio from 60:40 to 65:35. This would be done by combining Modified Coarse Sinter (MCS) with the current lumpy Jig and DMS products without adversely affecting their quality or impacting negatively on other product streams. The Brownfields Project consists of conveying systems together with associated transfer towers, chute work, take-up structures, Geoscan support structures, electrics, and control and instrumentation systems in order to co-stack and distribute an MCS product to both Jig and DMS lump product beds. Until recently the current coarse sinter ore was marketed as a premium fine ore. The main customers for coarse sinter changed their requirements, and the market for the coarse sinter fell away. Sishen mine was therefore forced to crush the coarse sinter (-8+5mm) to fines (-5mm). This meant extra operating costs for the fine ore crushers and a loss of revenue because of the lower price received for the fines product. The 10mm Lump Project was then initiated to assess other options to use and market the current course sinter product. The 10mm Lump Project boasts 320 000 LTI-free hours with only one high potential incident (HPI) reported. The total capital expenditure for the project was R159-million and it has a Net Present Value of R1,25-billion, with an Internal Rate of Return of 302%. At the end of April 2013, Sishen mine had produced 300 000 tons of the project’s estimated 2,3-million tons per annum. KIO Sishen Communication
Colorado Spur Vier Moedersdag
Cathy Gous (middel) saam met DeeKay Monkwe (regs) en Happy Mokomele. Foto : Hettie Du Plessis
Die 70’s Moedersdag partytjie.
Colorado Spur in Kathu Village Mall het Moedersdag op Sondag 12 Mei 2013 behoorlik gevier met ‘n 1970′s party-tjie. Lawwe kostuums het tot hope pret gelei. Daar is ook ‘n gelukkige trekking gehou en Cathy Gous is as die gelukkige wenner aan-gewys. Iets soortgelyks sal ook vir Vaders-dag aangebied word, so hou jul oë oop vir meer inligting. Colorado Spur het op die oom-blik ‘n inkleurkompetisie waarin ‘n gelukkige wenner met ‘n oulike 4×4 karretjie kan wegry. Die kompetisie sluit einde Junie en die prys sal ongeveer 15 Julie 2013 oorhandig word.
Pastoor Martin Opgewonde oor CRC in Kathu
Pastoor Martin Vivier
Pastoor Martin Vivier is nege jaar gelede gered. Daarná was hy ‘n aktiewe lid van CRC Kimberley en is vier jaar gelede deur die IFCC as pastoor georden. In Januarie 2012 het hy en sy vrou na Kathu verhuis om CRC hierheen uit te brei. Die egpaar het ook ‘n dogter wat tans in Warrenton werk. CRC Kathu het eers begin as ‘n enkele selgroep, waarná dit tot ‘n tweede een uitgebrei het en later tot ‘n volwaardige gemeente van tussen 50 en 60 lidmate. Pastoor Vivier glo dat die Kathu-gemeen-te ná die onlangse amptelike “launch” nog meer sal groei. CRC is die vinnigste-groeiende multi-kulturele kerk in die land. So byvoorbeeld het CRC Bloemfon-tein digby die 35000 lede en CRC Kimberley 5000 lede. Vir Pastoor Vivier is dit baie vervul-lend om deel te wees van die CRC-beweging. Hy sê verder dat hulle goed ontvang is op Kathu en baie gelukkig is hier. CRC Kathu verskuif nou na Kathu Kollege en eredienste word in Engels aangebied. Die musiekbedien-ingspan bestaan tans uit twee dames, maar Pastoor Vivier vertrou met opgewondenheid dat dit ook sal uitbrei na ‘n groter orkes. Hy is verstom deur die “commitment” van die mense van Kathu. Dié wat saam met hom in die eerste, aanvanklike selgroep was, is vandag steeds lidmate van die kerk. Pastoor Vivier het ‘n passie vir wat hy doen en sê die belangrikste vraag wat jy vir iemand anders kan vra is of hy/sy al vir Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar het.
Berig & foto deur Hettie du Plessis
Laerskool Kathu se Sterspellers Wys Hul Staal
Manuel Masala, Lungile Maseko en Talana Rossouw.
Op Maandag 13 Mei 2013 het drie leerders van Laerskool Kathu aan die Pick n Pay “Spell Check”-kompetisie in Kimberley deelgeneem. Hulle is Manuel Masala, Talana Rossouw en Lungile Maseko. Laerskool Kathu was een van twaalf skole wat gekies is om aan die kompetisie deel te neem. Die welbekende akteur en TV-persoonlikheid Soli Philander het die woorde aan die leerders gevra, met ‘n paar goeie kwinkslae! In die eerste rondte kon die drie met mekaar gesels oor die korrekte spelling van die woorde. Rondtes 2, 3 en 4 moes hulle alleen voltooi. Ná rondte 4 is 22 van die leerders gekies om aan ‘n verdere rondte deel te neem. Manuel Masala was 17de van hierdie leerders. Ná nog ‘n rondte is slegs vier leerders gekies om verder deel te neem. Die leerders is heerlik bederf deur Pick n Pay gedurende die dag.
Dillon Lerm Sing in Kathu
Dillon Lerm tree saam met die skoolkoor op.
Die Graad 3-klasse van die Laerskool Kathu het op Saterdag 18 Mei 2013 ‘n baie geslaagde musiekkonsert met die bekende Dillon Lerm aangebied. Die geleentheid was ten bate van ‘n fondsinsameling vir die aankoop van lugversorgers en verwarmers vir die skool. Dillon het die aand begin met van sy eie liedjies, en ook verskeie nommers saam met die junior en senior kore van die skool uitgevoer. Aan die einde van die aand het hy plakkate geteken en handtekeninge uitgedeel.
Gemeente Bring Hulde aan Ontslape Ouderling
“Ons sal tot aan die bitter einde volhard om oom Heta se visie deur te voer,” beloof Ouderling Fritz Steenkamp van die AGS “Die Woord”-gemeente tydens die begrafnis van Oom Heta Visagie. Links agter is Oom Heta se vrou en kleindogter.

Oom Heta Visagie soos die gemeente en die gemeenskap van Daniëlskuil hom altyd sal onthou.
Die AGS “Die Woord”-gemeente van Daniëlskuil het op Saterdag 4 Mei 2013 hulde gebring aan hul ontslape ouderling, George Visagie wat op Saterdag 27 April 2013 in die ouderdom van 65 jaar oorlede is. Ouderling Visagie, beter bekend as “Oom Heta”, het jare gelede by die AGS-gemeente ingeskakel nadat ‘n diepe soeke na God se Woord by hom ernstig begin brand het. Hy was van die begin af ‘n vadersfiguur in die gemeente en het leiding geneem op alle gebiede binne kerkverband, vertel ouderling Fritz Steenkamp van die gemeente en ook skoolhoof by Hoërskool Kuilsville. Die visie vir ‘n nuwe, groter kerk het geboorte gekry by Oom Heta, wat hom begin beywer het vir die bou van die nuwe kerk, waaruit hy ook op 4 Mei 2013 begrawe is. Ouderling Steenkamp onthou hom as een van die mees bedeesde manne van sy tyd in die geskiedenis van die kerk. Hy was `n bouer van beroep, die ambag wat hy reeds as jongman bemeester het. Die gemeente het in 2007 begin met die ingenieursplanne vir ‘n staalstruktuur en siersteengebou vir die nuwe kerk. Gedurende 2008 is met die eerste fase van die bouprojek begin. Oom Heta was te alle tye teenwoordig, en sy hande het oral raakgevat. Met die hulp van Oom Attie Deelie en ouderling Steenkamp se vader Pieter Steenkamp het hy die kontruksiebokse self gemaak, gestel en vol sement gegooi sodat die staalpilare op basisplate daaraan vasgebout kon word. Stadig maar seker is gestalte gegee aan Oom Heta se visie en droom. Hy het die afgelope vyf jaar ‘n pertinente en belangrike rol gespeel in alle fases van die bouprojek. “Ons sal uiting gee aan sy visie en die projek afhandel, wat ‘n historiese gebeurtenis in ons gemeenskap sal wees,” het Ouderling Fritz Steenkamp belowe. Tydens sy begrafnisdiens in die half-voltooide kerk het verskeie sprekers aan hom hulde gebring.
Uppie swem in Lusaka
Alicé Maritz, sterswemmer van Upington, in aksie tydens die onlangse swemkampieonskappe in Lusaka, Zambië.
Alicé Maritz, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Upington en swemmer van Upington Swemklub het van 25 tot 28 April 2013 aan die CANA (Confederation Africaine De Natation Amateur) in Lusaka, Zambië deelgeneem. Sy is die enigste swemmer uit die Noord-Kaap wat deur Swem Suid-Afrika gekies is om die Suid-Afrika span te verteenwoordig teen twaalf ander sub-Sahara Afrikalande. Wat haar prestasie nog meer merkwaardig maak is dat Alicé die enigste swemmer in die span was wat swem as sport slegs ses maande van die jaar beoefen. Upington het tans nie verhitte swemfasiliteite nie. Harde werk deur haar swemafrigter Willie du Plessis en die ondersteuning van die Upington Swemklub en Hoërskool Upington het hierdie geleentheid moontlik gemaak. Alicé het aan ses individuele items in die vroue 13-14 jaar-kategorie deelgeneem teen tussen 13 en 18 swemmers per item. Sy het een vierde plek, vier vyfde plekke en een agtste plek behaal. In die aflositems het sy aan drie items deelgeneem en drie silwer medaljes verower. Dit was vir Alicé, as boorling en inwoner van Upington, ʼn ongelooflike groot voorreg en leersame ondervinding om aan hierdie swemgala in ʼn ander Afrika-land as deel van ʼn junior Suid-Afrikaanse span te kon deelneem. Hoërskool Upington is baie trots op haar!
KFC Skenk Nuwe Sokker- en Netbalklere aan Laerskool Kuruman
Nolly Motlhabi en Maduo Bosman van Laerskool Kuruman lyk heel ingenome met hulle nuwe netbladrag. Agter is mnr David Malindi (Areabestuurder van KFC Noord-Kaap) en mev S Strauss (netbalorganiseerder van die skool).
Thuto Moalahi en Moemedi Gaotlhope spog met hulle nuwe sokkerklere terwyl die skoolhoof, mnr Floyd Turner (links) en mnr David Malindi, Areabestuurder van KFC Noord-Kaap (regs) toekyk.
ñ Groot eer het Laerskool Kuruman te beurt geval deurdat Kuruman KFC ‘n groot aantal sporttoerusting aan die skool geskenk het. Die toerusting sluit onder andere in volledige stelle netbal- en sokkerklere, drasakke, waterbottels en waterbottelhouers. Die oorhandiging is op Maandag 6 Mei 2013 deur mnr David Malindi, Areabestuurder van KFC Noord-Kaap gedoen. Die skool wil graag mnr Donald Connan van KFC van harte bedank vir hulle bydrae tot die skool se sukses op die sportveld. Sonder hulle helpende hand sou dit maar moeilik gegaan het. Die skenking word opreg waardeer deur elke kind.
Gamagara Presents Draft IDP & Budgets
Mr Henry Horniet, IDP Officer of the Gamagara Municipality, listens to the questions of residents at a Local Community meeting on Wednesday 8 May 2013.
A disappointing number of less than ten residents of Kathu attended the Gamagara Local Community meeting for the approval of both the Draft Integrated Deve-lopment Plan (IDP) and the draft budgets for the next three financial years at the Kathu Council Chambers at 19:00 on Wednesday 08 May 2013. After the initial welcoming by Gerrit Vos (DA Councillor), Henry Horniet (IDP Officer) elaborated on some of the IDP items relating to Kathu. He indicated that an amount of R15-million was donated by the Department of Water Affairs for the upgrad-ing of the water treatment works, and R2,5- million for upgrading of the sewerage pumps. Of the R22-million needed for bulk water supply, an amount of R11-million was already donated by Khumani mine, he said, while Kumba donated R17-million for the upgrad-ing of Hendrik van Eck Road in the town. He confirmed that the R1,5-million indicated for each of three new municipal houses are meant for future municipal appointments, and that the R500 000 for the planning of stands were generated from own funds. On the issue of the upgrading of the Khai Apple Resort Mr Horniet verified that Khumani mine commit-ted an amount of R27-million. The mine also donated R4,7-million for the establishment of the Khomani Business Development Centre and R1,75-million for the construction of a Youth Development Centre. Other issues that were briefly referred to were the upgrading of the park (R750 000 for braai areas, fencing and lighting) and facilities at the cemetery. After Mr Horniet’s presenta-tion, residents were given the opportunity to put their questions to council. Casper Enslin enquired whether the town has a disaster management plan in place, citing the exam-ple of heavy vehicles carrying tons of chemi-cals driving through the town on a daily basis. He also enquired about the possibility of a provincial hospital for Kathu. Ian van den Heever asked what control measures are in place to ensure that projects are actually carried out and assigned money is applied for use as dedicated. Attie Jordaan put several questions to the meeting. Firstly he express-ed his concern about conditions at the sewe-rage farm, and also questioned the R27- mil-lion dedicated for the upgrading of the Khai Appel resort. He felt that the neglected state of the resort is due to poor management. He subsequently questioned the necessity of having a park in town. Mr Jordaan also en-quired about the competency of the municipal employees handling such huge sums of money from donors. Lastly he enquired about the money assigned for purchasing a grader two years ago, which he said has still not been done. The Municipal Manager, Cle-ment Ithumeleng, responded as follows with regard to residents’ questions: (1) Hospital : The municipality can only advocate for it with the Department of Health. (2) Disaster management plan : Firefighting services are currently obtained from the mine, who has indicated that it will be withdrawn soon. The matter was raised with COGHSTA, but cur-rently the province is offering no assistance. (3) Projects not implemented : Projects are “cut off” when found not feasible. Sometimes problems are experienced collecting the budgeted money. The collection rate is bad, around 85%. The municipality failed to plan for growth, resulting in the town “outgrowing our plans”. (4) Grader When there is no mo-ney to finance something, it easily “falls off”. (5) Competency with money : Despite some challenges, they managed clean audits for two consecutive years, it was only last year that everything “fell apart”. They are working on improving and are able to handle challen-ges. (6) Park : People cannot be denied a park, and government directed the establish-ment of a park in town. It is only open until 19:00 and no alcohol is allowed. The Deputy CFO of the municipality, Mrs Corrie Huysa-men, assured the meeting that all donated funds are being managed very well. She added that the mines will not pay for anything without invoices, and invited residents to come and check the records at any time. She briefly referred to the fact that when Olifants-hoek was incorporated in 2006, it came with debts of R11-million, and they are still struggling to collect them.





















Aljazeera
CNN
EuroNews
JSE Shares
Moneyweb
Russia Today
SkyNews
Thomson Reuters




