Kolomela oorhandig groot toerusting aan Tsantsabane Gee oorsig van plaaslike programme & ondernemings

Uncategorised
Typography

‘n Omvattende program is deur Kolomela myn in samewerking met die plaaslike Tsantsabane munisipaliteit vanaf 21 tot 24 Mei 2018 op die terrein van

die skougronde in sessies aangebied.

‘n Goeddeurdagte en uitgewerkte program is hoofsaaklik onder leiding van George Benjamin (Bestuurder Publieke Sake Kolomela) en Martha Koloi (Publieke Sake Praktisyn Kolomela) opgestel. Bestuurslede van Kolomela het die leiding geneem in die aanbiedings en antwoordsessies.

Die eerste dag se verrigtinge was hoofsaaklik gewy aan Kolomela bestuur se interaksie met die plaaslike raad en bestuurslede waartydens Kolomela myn se Sosiale Plan vir 2018/19 ook aangebied is.

Plaaslike ekonomiese ondernemings se ontwikkeling, plaaslike voorsieners se ontwikkeling, informele handel in samewerking met die Hub en met Beeshoek myn, is bespreek.

Daarna is van die afgehandelde projekte wat reeds funksioneer besoek - dit het gedui op suksesverhale. ‘n Klaskamer wat hulle by die Newtown Laerskool opgerig het, die netjiese nuwe kliniek by die hospitaalgronde asook die sentrum vir drank- en dwelmrehabilitasie, Famsa en TADS is deur raadslede en die span van Kolomela se Publieke Sake besoek.

Laastens is drie groot voertuie, wat al sedert die begin van die jaar in “afwagting” by die skougronde geparkeer is, aan die Tsantsabane munisipaliteit oorhandig.

Weens die groot behoefte aan dié implimente - ‘n laaigraaf, ‘n 10-ton tippertrok en ‘n watertrok, was dit ‘n gewaardeerde gebaar. Die mees belangrike apparaat - die cherry picker (hyser op trok) waarmee gloeilampe aan pale in strate vervang word en takke van ongetemde bome, wat kortsluitings veroorsaak, hanteer word, word op 30 Mei afgelewer.

Ander aangeleenthede wat in die program vervat was en bespreek is, was onder meer die plaaslike verskaffing, ontwikkeling en ondernemings (local enterprises) en ook sosio-ekonomiese ontwikkeling (SED) ten opsigte van die jeug. Geleentheid vir vrae en antwoorde was deel van elke aanbieding. Vanselfsprekend was kontrakteur bestuur en werkloosheid ook op die programlys.

As geheel kan die interaksie van Kolomela myn met verskillende faksies en belanghebbendes van die gemeenskappe as ‘n deursigtige en positiewe

poging gesien word wat hulle posisie in dié area demonstreer en as positief ervaar word.

Die Mynbestuurder, Masala Mutangwa, was by sekere aanbiedings teenwoordig.