Geniet die lewe

Preek / Sermon
Typography

Ons Vader stel nie net belang in ons geestelike lewe nie, maar in ons hele menswees. In ons eenheid met Christus is dit God se begeerte dat Sy kinders vrolik moet wees en die goeie van die lewe wat Hy hier op aarde vir ons gee, geniet. In Prediker 3:13 staan geskryf dat om die goeie van die lewe te geniet n gawe van God is. Ons kan die saamwees met familie en vriende geniet. Geniet die lieflike natuur om ons, uitstappies, goeie musiek, om n mooi boek te lees en om n stokperdjie te beoefen. Miskien is jou huwelik somber. In Pred. 9:9 lees ons: “ Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son -....” Geniet ons dit om die Here te dien en te eer? Jesus vermaan ons in Matt. 6:16 om byvoor-beeld nie met n lang gesig te vas soos die skynheiliges nie. By eredienste is ons dikwels baie ernstig en glimlag skaars. Ons behoort dit te geniet om as gelowiges saam die Here te aanbid. Besluit vandag om elke oomblik die lewe te geniet wat God jou gee.