Trots op Vickie

COMMUNITY NEWS
Typography

Een van Kathu se inwoners, Vickie Fisher, het uitstekend presteer tydens 'n boogskiet byeenkoms waaraan hy deelgeneem het  van 27 April tot 1 Mei in Johannesburg. Vickie wat nog skaars 'n jaar lank die unieke sport be-oefen, en aanvanklik begin het deur 'n boog te gebruik vir jag, het verskeie medaljes verower en baie goed gevaar tydens die Suid-Afrikaanse Boogskiet
Kampioenskappe.
Vickie sê dat die kompetisie die Donderdag begin het waartydens boogin-speksie eerste plaasvind. Die Vrydag het die 1440 kompetisie begin, waartydens 144 pyle geskiet word oor die afstande van 90m, 70m, 50m en 30m. Elke deelnemer kry 36 pyle per afstand en Vickie kon dit regkry om 'n telling van 1253 te behaal wat  ook gesorg het dat hy tweede plek behaal het vir die rondte.
Tydens Saterdag se 720 Kompetisie het die 'Ranking Rounds' plaasgevind. Tydens die spel word al die boogskutters gegroe-peer van beste tot swakste en skiet die skutters uit teen mekaar. Hier kon hy dit regkry om 'n telling van 657 te behaal, wat 'n baie goeie telling is aangesien 665 die telling is om te behaal om internasionaal deel te kan neem. Sondag het die semi-finale plaasgevind en Maandag die finaal. Vickie kon dit regkry om tydens die finale uitskiet rondte weer 'n silwer medalje te verower.
Vickie kan voorwaar trots wees op homself, aangesien hierdie sportster so positief en gemotiveerd is en mens net tot die besef bring dat daar nie grense tot sukses hoef te wees nie.  Al is daar soms goed wat jy dink in jou pad staan om bo uit te kom, dit steeds net van jouself afhang hoe graag jy 'n doelwit wil bereik. Baie sal kan leer by Vickie, hy is voorwaar 'n inspirasie. Baie sterkte met alles wat jy nog gaan aanpak, Kathu Gazette wens jou alle sterkte toe en mag jy voorwaar nog baie

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !