25
Sun, Jun
42 New Articles

Nuwe eienaars by Colorado Spur

COMMUNITY NEWS
Typography

Colorado Spur in Kathu spog 01 April 2017 met nuwe eienaars sedert .  Die gewilde restaurant behoort nou aan die Browning Group wat nie minder as 23 kettingrestaurante besit en bestuur reg oor Suid-Afrika waaronder Spur, John Dory's, Mugg & Bean en Panarottis restau-rante tel.
Die plaaslike bestuurder is Ronnie Van Der Walt (36). Ronnie is oorspronklik van Pretoria, maar het ook al in Durban en Kaapstad vir die groep gewerk. Hy bestuur ook die Desert Wolf Spur in Upington.
Ronnie vertel dat Spur graag betrokke raak by liefdadigsheid inisiatiewe en doen ook nasionale veldtogte soos Sizzling Studies en Shadow Shifts waar Spur 10% van die aand se omset teruggee aan 'n spesi-
fieke instansie.
Ronnie nooi graag die inwoners van Kathu om die Spur opnuut te kom geniet. Hy sê die Browning Group is besonder ingestel op diens en gehalte met 'n spesifieke fokus op die gesin as 'n geheel.
Spur bied nie net kinderverjaarsdae pak-kette aan nie, maar doen ook partytjieborde vir besigheidsfunksies en gesellighede. Doen gerus navraag hieroor.
Spur bied egter hierdie Sondag 14 Mei 2017 'n baie spesiale Moedersdag ervaring aan. Ronnie raai u aan om so gou as moontlik hiervoor plek te bespreek by 053 723 2340.
U is welkom om enige tyd vir Ronnie per-soonlik te skakel met klagtes of komplimente by 082 818 3060.