17
Tue, Oct
42 New Articles

Kids Haven ~ langverwagte droom bewaarheid

COMMUNITY NEWS
Typography


Keydy O'Callaghan van die  NG Kerk op Postmasburg die voorskoolse gebou van Kids Haven in Newtown Postmasburg amptelik aan die skool oorhandig het, was dit 'n heuglike dag vir kindertjies en hul ouers, maar veral vir diegene wat so lank vasgebyt het om aan hierdie droom gestalte te gee. Soos ds. Keydy sê dat hy tien jaar gelede hier gekom het en sedertdien was hul deurentyd besig om struikelblokke te oorkom op die pad na die vervulling soos die netjiese, geregistreerde Kids Haven wat nou sy plekkie volstaan. Caritas (Die welsynsorganisasie van die NG Kerk in die NoordKaap in Kimberley) se Judith de Villiers en haar span Dean en Nico as inisieerders met hul motivering en deursettingsvermoë verdien groot lof. Saam met hierdie faksie van die NG Kerk, met ds. Keydy plaaslik aan die roer, het die plaaslike besigheidsgroep Rufco, Zincover,DIY en die Oryx Project, met Tanilla van der Merwe as hul organiseerder en die Lotto as finan-siers, gesorg vir die suksesvolle
aksie en die nuwe baadjie wat Kids Haven tans aan het. Sanna Jacobs was al die jare die persoon wat met min hulp aan die begin deurgedruk het om hierdie voorskoolse kinders te akkommodeer en op te lei. Intussen is haar dogter, Victoria Jacobs, deur Caritas finansieel gesteun in haar
 
 
MARKET VALUE SIZE / SQUARE
METER
R73 427.00 818m2
R50 505.00 527m2
R51 000.00 523m2
R51 050.00 507m2
R51 950.00 507m2
R51 000.00 523m2
R50 105.00 527m2
R70 000.00 694m2
i) 2762 R150 000.00 510m2
j) 2767 R62 000.00 599m2
k) 2778 R50 000.00 510m2
l) 2779 R50 000.00 535m2
m) 2780 R50 000.00 566m2
n) 2780 R75 000.00 566m2
o) 2786 R55 000.00 599m2
p) 2797 R60 000.00 510m2
q) 2804 R65 000.00 498m2
r) 2806 R60 000.00 510m2
s) 2810 R50 000.00 497m2
t) 2811 R50 000.00 510m2
u) 2819 R52 000.00 732m2
v) 2823 R60 000.00 510m2
w) 2825 R50 120.00 567m2
x) 2826 R50 000.00 510m2
y) 2827 R50 000.00 498m2
z) 2830 R51 515.00 578m2
aa) 2837 R162 000.00 660m2
 
opleiding sodat sy nou as gekwalifiseerde onderwyseres opleiding kan gee; die gebou is 'n ECD-sentrum. 'n Mens merk klein geriewe op wat noodsaaklik is vir so 'n sentrum : 'n groot brandblusser ; 'n goedtoegeruste bed vir die olike kind, selfs 'n reënwatertenk wat onontbeerlilk is in ons gebied – winterreëns word nou ingewag is deel van die inhoud in die sentrum. Daar is ook met dank erkenning gegee aan die gemeentelede en publiek van Postmasburg wat in dié geval en oor die algemeen altyd  bereid is om in stilte met kos, klere en ander noodsaaklikhede 'n oop hand en hart te hê. Mag Kids Haven die basis skep vir baie gelukkige, suksesvolle, toegeruste leerders.