23
Thu, Nov
42 New Articles

Loslitdag vrolik gevier in Kathu

Community News
Typography

Vanjaar was die tema vir Loslitdag, ‘Diversiteit’. Die onderneming, Halsted en CO het vir Rural Metro en AeroCare gevra om hul te besoek. Die twee groepe is gevra om hul klere uit te ruil met mekaar en ook aan te trek. Hierdeur het hulle gewys dat dit nie saak maak wat jy doen of wie jy is nie, almal is mense al doen elkeen iets verskillend in die samelewing.
Dank aan die volgende mense wat gehelp het met die dag se reëlings en die tyd wat hulle afgestaan het hiervoor: Adam My-burgh en sy span van Rural Metro, Schalk Zietsman se span van Aerocare en Chris-tian Grobler van Kuruman Radiators wat vir ons die video gemaak het. Christian het sy hommeltuig gebruik om 'n baie oulike verkorte video vanuit die lug te neem van die oggend se uitruilery.  


Boshoff Visser het Vrydag op 1 September lekker Loslitdag gehou by hul kantoor. Links voor : Karnel Ludik, Lo-Helen Brits, Annelize Lessing en Sophia Ferreira. Links agter: Sascha Booys, Claudette Botha, Alet Van Niekerk en Dortina Lodewyk