18
Sat, Nov
49 New Articles

Goue Gerwe in die berge

Community News
Typography

Die Goue Gerwe het van 21 tot 27 Oktober hul jaarlikse uitstappie gehad. Hierdie jaar het hulle die Drakensberge besoek. Maxima Toere het 'n baie goeie toer uitgewerk en verskeie interessante plekke besoek soos Clarence met basis die ATKV Drakensville Vakan-sieoord. Daar was byvoorbeeld 'n bege-leide toer deur die Tugela-Vaal projek. 'n Besoek aan die Mont-Aux-Sources Hotel het 'n asemrowende uitsig oor die amfi-teater gebied. 'n Besoek aan die Falcon Ridge Roofvoëlsentrum was baie leersaam en besoeke aan verskillende uitstallers in die Champagne vallei het koopgeleent-hede gebied vir almal wat aandenkings en geskenkies wou koop. Die hoogtepunt van die toer was egter 'n vertoning van die Dra-kensbergse Seunskoor by hul pragtige skool naby Winterton. Dit was 'n besondere ervaring om die seuns te sien optree.
teater gebied. 'n Besoek aan die Falcon Ridge Roofvoëlsentrum was baie leersaam en besoeke aan verskillende uitstallers in die Champagne vallei het koopgeleent-hede gebied vir almal wat aandenkings en geskenkies wou koop. Die hoogtepunt van die toer was egter 'n vertoning van die Dra-kensbergse Seunskoor by hul pragtige skool naby Winterton. Dit was 'n besondere ervaring om die seuns te sien optree.
Almal het met goeie herinneringe weer tuisgekom.