18
Sat, Nov
49 New Articles

Steve bekoor gehoor

Community News
Typography

Cherubs Vroeë Kinderontwik-kelingsentrum op Kathu het hul jaarlikse konserttema 'n Aand saam met Steve Hofmeyr en Cherubs se Laaities & Ladies aan-gepak op Saterdag 04 November 2017.
'n Vooroptrede deur Cherubs se laaities en ladies het gesorg vir vro-like danspassies met pragtige kleur-volle kostuums. 'n Volgepakte saal van 630 gaste het heerlik saamge-sing en Cherubs se kindergesiggies het geblom op liedjies soos Blou Ballon, Pampoen en Sit die ligte aan, saam met Steve op die verhoog.
Ouers, familie en gaste het heerlik saamgesing met ou treffers, asook
geluister na die bekendstelling van Steve Hofmeyr se nuwe CD, Skree. Cherubs bedank graag vir Nama-kwari Lodge, Debonairs,  Mugg & Bean, Dorsland Drankwinkel en Bella Photography.
Die Cherubs gasvrouens het almal ingespring en die tafels en saal pragtig opgehelder. Soos elke jaar het elkeen hul tafel pragtig opge-maak, volgens vanjaar se plaaste-ma.
Steve het handtekeninge uitge-deel en foto's is geneem saam met gaste en die Cherubs-leerders.
Wat 'n heerlike geleentheid. Die Cherubs laaities en ladies was ver-seker die sterretjies van die aand !