18
Sat, Nov
49 New Articles

Opkomende boer sewe keer geskiet

Community News
Typography

Willem van der Westhuizen (32), wat vyf kilometer buite Griekwa-stad geboer het, is verlede week sewe keer met 'n .22 antieke geweer dood-geskiet.
Die insident het volgens sy suster, Chris-tine, op Dinsdag 31 Oktober 2017 tussen en 14:00 en 15:00 op die plaas Bontheuwel plaasgevind. Mnr Van der Westhuizen het in sy bakkie gesit toe hy geskiet is.  
Die plaas is langs die Steenkamps, wat 'n paar jaar gelede vermoor is, se plaas geleë. Die jong Don Steenkamp dien tans gevang-enisstraf uit vir die moorde op sy ma, pa en suster.  
'n Werknemer op die plaas, Willem Olyn, het reeds voor die hof verskyn en word aan-gehou. Na wat verneem word, was daar 'n vroeër die dag ‘n woordewisseling tussen hom en Mnr van der Westhuizen.
Nadat hy geskiet is, het die verdagte met Mnr Van der Westhuizen se bakkie in die woonbuurt in gevlug. Toe die SAPD op sy spoor was, het hy die voertuig omgegooi en het hy nog 'n jong persoon in die woonbuurt geskiet, Dion Barends (26) wat tans in Kim-berley in die hospitaal is. Sy toestand is bevredigend.
Die beskuldigde was 'n persoon wat in 'n vertrouensposisie was en wie na alles op die plaas moes omsien wanneer Mnr Van der Westhuizen met rukke van die plaas af weg moes wees.
Die oggend van die voorval, was Mnr Van der Westhuizen egter twee keer by die SAPD Griekwastad om ongelukkigheid wat geheers het, aan te meld.
Willem van der Westhuizen het vyf jaar gelede, na 'n aansoek, die grond van Grondsake vir opkomende boere ontvang en was baie entoesiasties oor die boerdery wat hy bedryf het.
Hy was ongetroud.
Daar word ook verneem dat Mnr van der Westhuizen vroeër by die SAPD aange-meld het dat 'n ander werker toe al vyf dae lank weg was. Na vyf dae het dié werker toe self opgedaag in 'n heel ander  kamp – wat toe daarop dui dat die man, volgens die segspersoon, “totaal deurmekaar was.” Die familie het hul mening oor die situasie aan die SAPD bekend gemaak.
Die oorledene se lyk was heeldag in die son, aangesien die SAPD van die streek in Upington is en eers baie later op-gedaag
het en die forensiese personeel nog later, waarna hy na die hospitaal in Douglas vervoer is.
Mnr Van der Westhuizen het 'n baie goeie verhouding met sy mede bure gehad en ook die Vaalharts boere waar hy gereeld voer moes gaan aankoop weens die droog-te wat geheers het.
Hy was ook 'n gereelde gesig in Postmas-burg – sy ouers en familie woon daar – wanneer hy vragte hout vir braaivleisvure verkoop het.
Sy ouers, Gert en Sarah van der Westhui-zen, van Postdene, Postmasburg, het min woorde. Hulle sê net hulle is stukkend oor hul enigste seun en jongste kind wat nou weg is. Hulle het nog vyf dogters.
Mnr Willem van der Westhuizen se be-grafnisverrigtinge begin op Saterdagog-gend 11 November 2017 om 06:30 by sy ouerhuis in Postdene en die diens gaan plaasvind om 07:00 in die Blinkklip skool-saal.
Innige meegevoel met die familie se groot verlies.