Onderwysers verbeter hul kwalifikasies

Community News
Typography

Juffroue Wilhelmina du Plessis en Bayronett April het op 22 Maart hul Gevorderde Onderwyssertifikate (GOS) by die Noordwes Universiteit se gradeplegtigheid ontvang.
Juffrou April 'n boorling van Karos, is dankbaar vir haar dosente en familie se ondersteuning  tydens haar tyd van studie. Slegs opofferings en harde werk was haar wenresep. Haar spesialiseringsvakke was Lewensvaardighede en Sosiale Weten-skappe.
Wilhelmina du Plessis 'n Rietfontein kind in murg en been het almal verkeerd bewys
dat jy enigiets kan aanpak en suksesvol kan wees. Wilhelmina het vir 29 jaar by Telkom gewerk en daarna die onderwys betree en vanjaar haar GOS  verwerf.
Haar spesialiseringsvakke is Natuur-wetenskappe en Tegnologie.  Haar gesin, veral haar man was haar grootste onder-steuner tydens haar studie.
Op die gradeplegtigheid toe haar naam uitgelees was, kon hulle beswaarlik  hul opgewondenheid  beteuel  met haar pre-stasie.
Alle sterkte en seën word hulle  toege-wens op hul lang onderwys loopbane.