Troeteldierkompetisie

Community News
Typography

Kathu Gazette bied 'n opwindende troeteldierkompetisie aan waarby die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging sal baat vind.Stuur 'n foto van jou hond, kat of ander troeteldier, koop 'n minimum van vyf Tekkie Tax plakkers teen R50 (R10 elk) as inskrywingsfooi en staan die kans om pryse vir jou troeteldier en die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging te wen!Stuur foto's per e-pos na news@kathugazette.co.za of lewer dit by Kathu Gazette se kantoor in Rietbokstraat af. U kan ook  'n SMS- of Whatsapp-boodskap stuur na 074 183 2255. Plakkers is by Kathu Gazette te koop. Geen foto sal in aanmerking geneem word vir die kompetisie as dit nie deur die R50 inskrywingsfooi vergesel word nie. Sluitingsdatum: Dinsdag 24 Mei 2016 om 17:00. Foto's sal op Tekkie Tax-dag, Vrydag 27 Mei 2016 op Kathu Gazette se Facebook-blad wees en die foto met die meeste “likes” teen Dinsdag 7 Junie om 10:00 sal wen.  Dra jou plakker en jou tekkies met trots op daardie dag. U is ook welkom om plakkers teen R10 elk by Kathu Gazette te koop ter ondersteuning van die Tekkie Tax-projek en Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging, al wil u nie deelneem aan die kompetisie nie.