29
Sat, Apr
80 New Articles

'n Koei wat gaan lê, vrek

Streek / Regional
Typography

Ansie Fourie het Kuruman op Saterdag 3 September 2016 besoek. Sy het ‘n motiveringspraatjie gelewer by Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging se Lentetee. Sowat 120 dames het die geleentheid bygewoon.

Ansie het ‘n heerlike pittige manier om baie diep dinge te bespreek. Daar is baie gelag vir haar manewales maar die diep boodskap het almal se harte aangeraak.

Haar tema was 'n Koei wat gaan lê, vrek.

Sy het, uit persoonlike ervaring, geleer dat wanneer dinge swaar gaan, dit nie die tyd is om te gaan lê nie.

Haar liefde vir mense het in vele projekte gestalte gevind. Sy het saam met ‘n vriendin die Blikplek op Ficksburg begin en werk en ‘n tuiste geskep vir baie mense. By die Blikplek was almal welkom en niks weggegooi nie. Nie ou blikke, plate en skoene nie en ook nie moeë boere en straatkinders nie.

Ansie is tans ‘n maatskaplike werker waar sy haar talente gebruik om mense op te hef.

Sy het al talle eerbetonings ontvang, waaronder Maatskaplike Werker van die Jaar en Ficksburg se Vrou van die Jaar. Maar haar liefde en deernis vir mense is haar mees uitstaande kenmerk.

Die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging wil net aan almal wat die oggend bygewoon het baie dankie sê vir hulle deelname. En ‘n spesiale dankie aan al die gasvrouens vir hulle harde werk. Die tafels is volgens die koei-tema versier en het pragtig gelyk.

 

Ansie Fourie.