Dames leer troukoek versier

Streek / Regional
Typography

Dea Smith van Faire de la Pâtisserie in Pretoria het van Donderdag 6 tot Sondag 9 Oktober 2016 'n troukoekversieringskursus by Café @ Tshimo in Kathu kom aanbied. Dames van so ver as Lime Acres en Upington het die kursus bygewoon. Hulle het verskeie tegnieke geleer, onder andere hoe om eetbare kant te maak, hoe om fondant rose te maak en hoe om ‘n laag van ‘n koek met suiker kristalle oor te trek. Die groep is dit eens dat dit 'n ongelooflike leerervaring was. Die volgende kursus word reeds beplan vir vroeg in 2017.  

 

Agter: Zanie Jordaan (Lime Acres), Nancy Jeanette (Kathu), Dea Smith (Pretoria), Judy de Klerk (Upington) en Hettie du Plessis (Kathu). Voor: Andreahet Titus (Upington), Misha Laubscher (Upington), Abigail de Koker (Kathu) en Marlene van Schalkwyk (Daniëlskuil).