18 paartjies op een dag getroud

Streek / Regional
Typography

Jacqueline Jordaan (Gemeenskap Ontwikkeling Werker), in samewerking met die maatskaplike werker, Binnelandse Sake, die VGK Kerk en die Christen Gemeente in Danielskuil het in 2012 ‘n massa troue program begin, waar sy paartjies wat lank saamwoon, aanmoedig om in die huwelik te tree.

In 2012 het sewe paartjies in die huwelik getree, 10 paartjies in 2013, was 15 paartjies in 2014, 20 paartjies in 2015, en in 2016 is 18 paartjies getroud.

Die plaaslike maatskaplike werkers doen eers ‘n huweliksverreikingsprogram met die paartjies en Ds. Apostel Williams van Christen Gemeemte Kerk seën die huwelik en Binnelandse Sake bevestig die huwelik. Die jaar was die troue by die AGS Die Woord kerk.

Jacqueline kan met trots sê dat die lewensomstandighede van die paartjies heelwat verander het. Mans en vroue verstaan albei hul onderskeie rolle in die huishouding, hulle respekteer mekaar en hulle huise het meer orde begin kry. Hierdie positiewe verandering motiveer haar om aan te gaan met die program. Baie van die paartjies het teruggekom om hul waardering teenoor haar uit te spreek.

 “Ek geniet dit om ander te help en help graag waar ek kan. Vir baie mense is dit dalk tyd mors, maar dit verskaf vir my groot plesier as ek aandeel daarin het wanneer iemand se droom waar gemaak word,” sluit Jacqueline af.