19
Sun, Nov
49 New Articles

7de Poker Run ‘n sukses

Streek / Regional
Typography

Die Diggies Motorfietsklub van Kathu het op Saterdag 16 April 2016 hul sewende Poker Run aangebied. Die motorfietsryers het om 9:00 by Denny’s Take Aways bymekaar gekom, waarna hulle na Doringdraad in Deben vertrek het. Hulle het ook by Sishen Gholfklub en Speedball gestop voordat hulle weer teruggekeer het na Denny’s Take Aways. 34 persone het aan die poker-spel deelgeneem. By elke punt kon hulle kaarte trek en die hoogste hand aan die einde van die dag het ‘n splinternuwe helmet gewen! Om die Joker te trek, het ook vir baie opwinding gesorg, aangsien iKathu R200 kontant geborg het vir elkeen van die vyf Jokers wat deur die dag getrek is. Die dag was ‘n groot sukses en almal het dit geniet.