23
Thu, Nov
42 New Articles

Stephen van Eeden bring trourok fantasie na Kathu

Streek / Regional
Typography

 

Modelle op die verhoog. Foto's: Anria Wolstenholme

 

 

Oud-leerder van Hoërskool Kathu en modeontwerper van formaat, Stephen van Eeden, het op Saterdag 30 Julie 2016 ‘n modevertoning gehou, as deel van Hoërskool Kathu se 40-jarige bestaansvieringe.

Gaste is met die intrapslag deur ‘n ou-wêreldse landelike atmosfeer verwelkom. Meisies van die skool het as modelle opgetree en die kosbare rokke van sy Trourok Fantasie Versameling vertoon. Die twee fraai blommemeisies het almal se harte gesteel. 

Dit was ‘n voortreflike glansgeleentheid wat gaste se siele verkwik en gevoed het. Stephen, met sy professionele en hartlike geaardheid, is beslis ‘n rolmodel vir jong mense met groot drome.

 

 

Stephen van Eeden saam met een van die blommemeisies.