18
Sat, Nov
49 New Articles

‘n Stukkie kuns, kultuur en alledaagse plesier!

Streek / Regional
Typography

Jenny demonstreer armbrei. Foto: Magriet van Zyl

 

Die Mona Lisa’s het op Vrydag 15 Julie 2016 hul heel eerste byeekoms by Droomvlei Kunskafee gehou. Die Mona Lisa’s is die breinkind van voormalige Gazetter, die sprankelende Jenny Gerber. Sy wou graag ‘n groep begin wat vrouwees in elke aspek vier. Elke vrou is ‘n Mona Lisa op haar eie manier.

Jenny het Jenny het elke gedeelte van die byeenkoms ‘n kreatiewe naam gegee. Daar is afgeskop met vlerksleep (verwelkoming) en die praatjie vir die dag word Rondomtalie genoem. Die Koringkriek (brei / hekel) het bestaan uit ‘n armbrei demonstrasie. Resepte val onder Pypkaneel en hierdie keer was poffertjies aan die beurt. Niekerbol is die boekklub waarin sy die dames gaan uitdaag om ou Afrikaanse boeke te lees, soos dié van Sarah du Pisanie, die bekende Afrikaanse skrywer wat op Olifantshoek woon. Aspatat is ‘n uitreik op Vrydag 12 Augustus 2016 na Berg-en-Rus Tehuis vir Bejaardes, waar die armbrei serpe aan die bejaardes geskenk sal word. Skotteljons is toekomstige uitstappies. Kweperlat is DIY projekte. Kalbas is iets uit jou tuin. Die eerste een is ‘n vetplant rosie uit jou tuin – raai sy naam en wen ‘n prys by die volgende byeenkoms. Die eerste projek is ‘n papierbord houertjie. Daar is afgesluit met Appeliefie (koek en tee).

Die tweede byeenkoms is juis vanoggend, Vrydag 5 Augustus 2016 om 9:00 by Droomvlei.

Pryse sal uitgegee word vir die beste vier armbrei serpe, beste vier poffertjie baksels, die beste vier papierbord houertjies en natuurlik die vetplant rosie se naam.

Die dames beplan ook ‘n spesiale bederfdag vir Vrouedag, Dinsdag 9 Augustus 2016 waar hulle met ‘n Annique gesigmasker en voetspa pamperlang sal word. Kaartjies vir hierdie geleentheid is reeds uitverkoop.

Dames wat belangstel om by die Mona Lisa’s aan te sluit, is welkom om vir Jenny te kontak by 073 222 8317.