23
Thu, Nov
42 New Articles

Die voetspoor wat jy los

Streek / Regional
Typography

Yolandi Strydom.

 

Berader, Yolandi Strydom, het op Maandag 18 Julie 2016 as gasspreker by Kuruman se Dameskring-tak opgetree. Die titel van haar praatjie was, “Die voetspoor wat jy los”. Om groen te leef en jou koolstof voetspoor so klein as moontlik te hou, is dalk die onderwerp waaraan die mens dadelik dink. Yolandi het egter gefokus op die emosionele voetspoor wat mens in die lewens van ander mense laat. Wanneer ‘n mens begin om groen te lewe, vermy jy alles wat nie in die oorspronklike natuurlike vorm is nie.

Beïnvloed jy mense of beïndruk jy mense? Jy moet jouself ontdek en fokus op jou oorspronklike natuurlike self. Jou spoor moet so lig wees, dat hulle nie besef jy beïnvloed hulle nie, maar tog maak jou invloed ‘n positiewe verskil.

Sy het die Voortrekkers as voorbeeld gebruik – hulle word geleer om ‘n kampterrein mooier agter te laat as wat hulle hom gekry het. Dít is hoe jy die mense rondom jou moet agterlaat.

Groen is ook die kleur van genade. ‘n Mens moet groen lewe – genadig tenoor ander mense.

Kuruman Dameskring beplan ‘n Safari Kultuuraand vir Donderdag 25 Augustus 2016. Dit sal begin by Die Geelkombuis, waarna dit na die NG Oog kerksaal sal skuif en dan na Hoërskool Kalahari se hotelskool toe. Daar is slegs 100 kaartjies beskikbaar teen R60 elk, wat ‘n driegangete insluit. Belangstellendes kan Helena Gregory kontak by 083 456 7452.