20
Fri, Oct
42 New Articles

Gaste by die vrolik gedekte tafel.

 

Die Goue Gerwe het op Dinsdag 8 November 2016 hul Kersete by die Albatross Restaurant gehou. Dit was ‘n heerlike ete en as iemand honger huis toe gegaan het, was dit sy eie skuld.

Die vermaak, wat deur Petro de Klerk gereël is, het ‘n vrolike atmosfeer geskep. Agt van die Postmasburg Eisteddfod-deelnemers van Laerskool Kathu se graad 3’s het hul versies opgesê.

Toors Bezuidenhout, wat nog maar ‘n jaar lank musiek neem by Petro, het die Radetski Mars gespeel, waarvoor hy ‘n Junior Diploma ontvang het.

Petro het duette gespeel saam met Amanda Cornellisson en Marko van Niekerk.

Chanél du Plessis het twee stukke op haar dwarsfluit gespeel.

Geskenke is uitgeruil en die dag is op ‘n hoë noot afgesluit.

 

 

 

 

Die 1971 matriek-klas van Hoërskool Kalahari het die naweek van 4 tot 6 November 2016 hul 45-jaar reünie gehou op Kuruman. Elkeen het dit terdeë geniet.

Kathu Inn – Part Of The Country Hotels Group is proud to announce that they have received a TripAdvisor® Certificate of Excellence.

Now in its sixth year, the achievement celebrates hospitality businesses that have earned great traveller reviews on TripAdvisor over the past year. Certificate of Excellence recipients include accommodations, eateries and attractions located all over the world that have continually delivered a quality customer experience. 

"With the Certificate of Excellence, TripAdvisor honours hospitality businesses that have consistently received strong praise and ratings from travellers”, said Heather Leisman, Vice President of Industry Marketing, TripAdvisor. “This recognition helps travellers identify and book properties that regularly deliver great service. TripAdvisor is proud to play this integral role in helping travellers feel more confident in their booking decisions.”

The Certificate of Excellence accounts for the quality, quantity and recency of reviews submitted by travellers on TripAdvisor over a 12-month period. To qualify, a business must maintain an overall TripAdvisor bubble rating of at least four out of five, have a minimum number of reviews and must have been listed on TripAdvisor for at least 12 months.

Die jaarlikse kamp vir Graad 4 – Graad 11 Voortrekker jeuglede is  weereens by Bodemvas, die Voortrekker terrein by Barkly-Wes, gehou.  ‘n Groot groep jeuglede en volwassenes van Kathu Voortrekkers het vroegdag op Saterdag, 1 Oktober 2016, na Bodemvas vertrek.   Kort na hul aankoms by die terrein het elke Graad-groep na hul onderskeie kampterreine beweeg.  Tydens die weeklange kamp word verskeie spesialisasies voltooi, waaronder die Anglo-Boereoorlog, dierekennis en groepspele vir Graad 4’s, touwerk, delwerye en groepspele vir Graad 5’s, visvang en spoorsny vir Graad 6’e, wild- en jagbeheer vir Graad 7’s, varswaterkunde vir Graad 8’s, veldvernuf vir Graad 9’s, selfverwesenliking en spyseniering vir Graad 10’s en dienaarleier vir Graad 11’s.

Behalwe vir die spesialisasies wat die jeuglede behaal het, word hegte vriendskappe gesmee, die jeuglid leer God en Sy skepping ken en persoonlike verryking vind plaas.  

 

Die Penkoppe en Drawwertjies staan op die oewer en kyk hoe die Graad 11’s op hul vlot verby vaar

Tydens ‘n algemene vergadering op 11 Oktober 2016, is ‘n nuwe bestuur vir die Goue Gerwe verkies. Voor: Petro Sache (Ondervoorsitster), Delinda Coetzee (Sekretaresse) en Poppie Landman (Tesouriere). Agter: Rose Bothma (Voorsitster) en Annie Steyn (Addisionele Lid).

Kathu Voortrekkers het op Vrydag, 16 September 2016, ‘n Boemelaarsmiddag by die terrein gehou. Elke jeuglid en volwassene moes aantrek soos ‘n boemelaar, waarna elke span hul eie skuiling moes bou en “boemelaarskos” eet.

Die doel van die aktiwiteit was om aan die jeuglede ‘n praktiese voorbeeld te gee van wat dit is om in iemand anders se skoene te loop, asook dat ons dankbaar moet wees vir ons ouers en familie wat ons versorg.

Nadat Ds. Hans Britz, leraar van die Hervormde Kerk, Kathu, die middag op die toepaslike wyse geopen het, het elke jeuglid en volwassene begin werk maak van hul skuilings. Kartonbokse, sinkplate, plastieksakke en selfs ‘n verlore baksteen of twee is gebruik om die skuilings te bou.

Ds. Hans en sy eggenoot, Ina, het die spanne beoordeel en Mienke Pretorius as die Boemelaar van die dag aangewys. Die Bye (Graad 2) en die Meerkatte (Graad 3) het die beste boemelaarskuiling gebou.

 

Mienke Pretorius - Boemelaar van die dag.

 

 

 

Die Boemelaarspan van die dag, vlnr: Tania van Rooyen, Hesmari Eksteen, Adriaan Opperman, Danya Lubbe, Daleen Loots, Annika Greyvenstein, Marli Loots en Karien Fourie.