20
Fri, Oct
42 New Articles

Familie, vriende en Goue Gerwe vriende het op Saterdag 1 Oktober 2016 Annetjie Coetzee se tagtigste verjaarsdag gevier. Die partytjie was in die Gereformeerde Kerksaal waar daar ‘n gesellige atmosfeer geheers het. Almal het weggelê aan die heerlike braaivleis en wat daarby hoort. Die Kathu Gazette wens haar ook geluk met die mylpaal en vertrou dat sy nog lank haar plek sal volstaan in die gemeenskap.

Matt Markram (vierde), Pieter de Jager (derde), Lammie Kriek (eerste), Kobus van Wyk (tweede) en Dennis Jacobs (eienaar van DoringDraad).

 

Die jaarlikse Beste Baardkompetisie is op Saterdag 1 Oktober 2016 gehou by DoringDraad - die Kalahari Kuier-Kroegie in Deben.

Tesame met die Baardkompetisie is die Buffelsfontein Baardolie en die Buffelsfontein Lewerolie Craft Bier reeks hier vir die eerste keer bekendgestel.

Dit was 'n absolute dag van pret en die gaste het omtrent gelag vir die deelnemers se manewales en danspassies - enigiets om Baardolie te wen! Christelle Niemand, seremoniemeester van die dag, het hulle behoorlik laat werk vir die pryse.

Eerste plek is gewen deur Lammie Kriek, tweede plek Kobus van Wyk, derde plek Pieter De Jager en die vierde plek Matt Markram.

Almal het lieflike Buffelsfontein Baardolie produkte gewen - oorhanding deur DoringDraad se eienaar, Dennis Jacobs.

Die Baardkompetisie word weer aangebied in Mei 2017 - dus kan die jagters en baardmanne betyds begin roskam.

Kathu en omgewing word uitgenooi om die Lewerolie Craft Bierreeks te proe by DoringDraad tesame met hul gewilde Gourmet Roosterkoeke!

Op Saterdag 29 Oktober, hou DoringDraad ‘n Donkiekar Derby. Kom ry saam uit op die stofpad vir cocktails met 'n donkiekarretjie, keer daarna terug na die Draad vir 'n heerlike ete en prysuitdeling. Meer besonderhede volg op Facebook: Doringdraad Kontrei-Kuierplek in Deben Kalahari.

 

 

 

 

Lynn en Emeldine Olyn het op 1 Oktober 2016, nie net die mooiste mooiste maand met hul mooiste dag verwelkom nie, maar ook geskiedenis gemaak! Hulle is die eerste paartjie wat in die splinternuwe Assembly of God Church in Siyathemba getroud is. Baie geluk!

André Roberts en Marshall du Plessis spog met ‘n splinternuwe gospel hip hop treffer, “Never let me go”.

Hulle het die strate van Kathu ingevaar en die liedjie vir mense gespeel en hulle gevra om dit ‘n punt uit 10 te gee. Die gemiddelde antwoord was 8 uit 10.

Almal was mal daaroor en daar is selfs winkels by Kathu Village Mall wat dit speel. Dit word ook op Kurara FM gespeel.

Laai gerus die liedjie af by: http://www.mediafire.com/file/aa2x7tmfr9gcbsv/Never_Let_Me_Go_Siddy_ft_Gong.mp3

 

 

André Roberts en Marshall du Plessis.

Susan Bezuidenhout launched her private practice as Industrial psychologist and Coach in Kathu. She has always been intrigued by human behaviour and her life purpose is to grow people, teams, organisations and societies to their full potential.  

 

No matter what you think, you are more than that. Guiding principles supporting her work include:

·        Growth strategies that are focused on bringing happiness and success to her clients

·        Knowing, developing and playing to your strengths facilitate greatness

·        When you are no longer able to change a situation, you are challenged to change yourselves

·        Every person has a purpose in life, a special talent

·        There is no such thing as failure, there is only feedback

 

Her core skill as coach is to become more self-aware and experience greater levels of joy, resourcefulness and productivity in his/her personal and professional life. Her corporate career gave her a thorough understanding of the requirements to excel in the world of work.  

 

Kathu base practice focuses on:

·        Personal, Professional and HR professional coaching empowering you to being your best.

·        Career guidance from Gr 7 learners and adults include a full assessment of core aptitudes; personality; interests; and values scales plus in-depth interview

·        3-hour coaching clinics in personal excellence and HR master classes.

 

Al of the above are also available after hours 17:00-19:00 and on Saturdays 8:00-20:00

 

Her practice is on the corner of Essenhout street and Karee Avenue. Entrance of practise in Essenhout. You can contact her on nr 082 737 1355 or via Email This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Book you session online-website www.susanbezuidenhout.co.za

 

           

Stresvlakke loop hoog en daarmee saam kou die senuwees. Regtig? Miskien dertig jaar gelede. Tye het verander my ou! Vandag se eksaminators by ABRSM (Associated Board of Royal Schools of Music ) kom groet jou by die deur. Hulle weet jy is in baie gevalle ‘n tweede of derde taalleerder – alle eksamens word in Engels afgeneem, behalwe natuurlik as jy vra vir ‘n tolk. Hulle skep ‘n positiewe atmosfeer in die eksamenlokaal en baie professioneel maar vriendelik handel hulle die eksamen tjop-tjop af! ‘n Graad een Klaviereksamen duur net nege minute! Sjoe! Daar is dan ‘n hele jaar se werk en voorbereiding sommer in ‘n oogwink verby! Netso!

Cati Basson kan hiervan getuig. Sy het vanjaar haar graad een eksamen geslaag met ‘n hele 122 uit 150. Dis 81.3%. Dan was daar die twee graad twee’s, Armand Venter met 112, dis ‘n stewige 74,6% en Michelle Breedt ( 127 uit 150) met 84.6% Danelle Venter het met 126 vir Graad vier puik presteer, 84%.

Jy moet weet dat die slaagpunt vir so ‘n ABRSM eksamen 100 uit 150 is, m.a.w. 66.6% En om te kom kyk of jy regtig hier in die Suidpunt van Afrika jou ding kan doen, word die eksaminator oor die waters gebring, direk uit Engeland.

 Hierdie vier outjies is alreeds weer kliphard aan die oefen, hierdie keer vir ‘n konsertuitvoering op 11 November 2016. Dit gaan vir jou ‘n “jol” wees. Lekker ligte klassieke nommertjies, bietjie jazz, en lekker moderne musiek. Saam met hierdie vier helde, speel sommer ‘n hele kaboedel musiekleerlinge saam.

So, as jy jou dosis kultuur wil inneem voor die einde van die jaar, kom kyk, kom hou tyd met jou tone en sing sommer saam in jou hart en kop!

 

Cati Basson 81% (graad 1), Michelle Breedt 84% (graad 2), Armand Venter 74% (graad 2) en Danelle Venter 84% (graad 4). Hierdie vier het onlangs musiekeksamen van die Associated Board of Royal Schools if Music in Upington afgelê.