20
Fri, Oct
42 New Articles

The Early Childhood Development (ECD) Flagship Project was formally launched on 25 August 2016 by Renewable Energy Investments South Africa (REISA). The objective of the project is to ensure that all ECD centres in Gamagara are in a position to provide quality childcare and education for children up to the age of 6.

The focus of the project will be on governance training, parental involvement, training for ECD management team and ECD practitioners, financial management training; food gardens, and the creation of income generating opportunities for locals.

The project duration will be 3 to 5 years. The project will adopt a phase approach with phase 1 focusing on capacitating practitioners with formal training to obtain a qualification in NQF Level 4: Further Education and Training Certificate in ECD and NQF Level 5: Higher Education and Training Certificate in ECD.

Phase 1 of the project will target both practitioners and assistants at the identified ECD centres in Kathu, Deben, Olifantshoek, Mapoteng and Siyathemba (former Dingleton).  A total of 65 practitioners will be trained.

The desired impact of the Flagship Project is to improve qualifications and performance of ECD practitioners, increase the parental involvement at ECD centres, improve the effectiveness of management teams, ensure financial sustainability of ECD centres, and ensure food security at the centres.

Project Manager of the ECD project, Mrs Veronique Isaacs said, she and the REISA team were happy about the progress of the Project. “We are committed to developing and capacitating the ECD sector within the Gamagara Municipality, through our ECD Flagship Project. With the focus of both national and provincial government on early childhood development, our project is in line with international and national priorities”, said Mrs Isaacs.

 

People who attended the launch.

Hoërskool Olifantshoek, Akademie vir CVO se jaarlikse Potjiekosfees was vanjaar voorwaar ‘n fees vir oud en jonk. Daar is heerlik fees gevier by vanjaar se potjiekosfees. Die dag is afgeskop met ‘n optog deur die perdekommando wat vir menigte hoendervleis besorg het.

Die senuwees het geknaag by die 4x4-hindernisbaan, en spoed was beslis ‘n faktor by die kwartmyl – groot pryse was op die spel. Baie geluk aan al die wenners.

Met stalletjies te kies en te keur was daar in ieder en elk se smaak voldoen – van juwele tot vetplante en die allermooiste naaldwerk. Die foto-hoekie was beslis die gewildste en is daar behoorlik geglimlag en laf gewees in allerhande monderings.

Heerlike braaivleis, roosterkoek en pannekoek het die innerlike versterk en “Bottomless” koffie was sowaar ‘n lekker boeretroos. Die kinders het baljaar op die springkastele, die ponieperde flou gery en die perdekarritte terdeë geniet – hier en daar het ‘n gesiggie die gestalte van ‘n kat, hond of hasie aangeneem terwyl daar visgevang is.

Die lewende hawe veiling het gesorg vir ‘n uitstekende afsetgebied vir plaaslike boere, terwyl die biertuin gesorg het vir ‘n koel lafenis vir die kele. Daar was koekversier dat die biesies bewe: pa’s, ma’s en die kleinspan het hul oorgegee aan hul kreatiewe kant.

Die deelnemers aan die potjiekoskompetisie se stalletjies het die tema: “Om die Kalaharivuur” beslis gestand gedoen en Herman Kallerman het met die wenpot gespog. Tot laataand is daar heerlik geskoffel saam met Deben se boere-orkes.

‘n Groot dankie aan Olifantshoek se gemeenskap vir hulle ondersteuning, al die borge en Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO se groot bydrae om van hierdie fees ‘n sukses te maak.

Maak ‘n groot aantekening om beslis nie Olifantshoek se potjiekosfees mis te loop in 2017 nie.

The Parlotones, a South African band that made it big internationally, visited Kathu on Saturday 17 September 2016. About 800 tickets were sold for the event. It was a great experience to see them perform live!

Die Goue Gerwe het op Dinsdag 27 September 2016 die derde kwartaal afgesluit. Petro de Klerk het ‘n paar humoristiese voorlesings gelewer en Marko van Niekerk het ‘n paar klavier items gelewer en daarna het almal heerlike verversings geniet wat Petro verskaf het.

Die gewilde gospelsanger, Retief Burger, het op Vrydagaand 23 September 2016 by El Gibbor Kalahari Bikers’ Church opgetree. Die gebou was volgepak, maar Retief gee alle glorie aan God. Die aand het ‘n baie gewyde atmosfeer gehad en Retief het die meeste van die tyd met sy oë toe gesing, terwyl die mense saam met hom sing en God se naam verheerlik.

Van Huis Jan Vorster se inwoners sit aan vir 'n spitbraai-ete - vlnr: Mevv. Minnie Hutton, Marie Nel , Bellie Welge-moed, Elmarie Oberholster, Blanche van der Merwe, Babs Van As, Joey Sham, Marie Steyn en Eunice Weyers.

 

By Huis Jan Vorster het die spitbraairokie vroeg op Saterdag 24 September al aangekondig dat ‘n verrassing op Erfenisdag aan’t kom was. Buite het woonstel- en binne-inwoners en gaste gesellig die ideale somerdag geniet terwyl die bestuur en personeel besig was met die etereëlings.

Binne in die eetsaal was die tafels keurig gedek en het die inwoners, van hulle familie en genooide gaste en die bestuur van Huis Jan Vorster aangesit vir die vingerlekete wat voorgesit was.

Voor die ete ‘n aanvang geneem het, is deur eers amptelik afskeid geneem van die voorsitter van Huis Jan Vorster, mev. Kosie Venter, wat na 38 jaar.

die tuig neergelê het; ook van haar man, mnr. Bertus Venter, wat getrou al die tyd aan haar sy was en ook op vele terreine waardevolle diens deur die jare aan die tehuis gelewer het.

Namens die bestuur het mnr. Martin Moller die aanwesiges ingelig oor die pad wat die Venters geloop het en hulle betrokkenheid by die tehuis; namens die inwoners het mev. Eunice Weyers vir hulle ‘n solo gelewer en namens die personeel het Marlene Cooper ook ‘n woordjie van dank vir die baie jare se diens gebring.

In mev. Venter, wat steeds die voorsitter by ACVV is, se antwoord , het sommige gegewens ‘n mens se gedagtes na die “goeie ou goedkoop dae” , maar waar geld tog ook baie skaars was, teruggelei. Drie van die erwe waarop die tehuis gebou is, was aangekoop van CAM (Consolidated African Mines) vir R820 en twee privaat vir R500 elk. Die tender van die argitek destyds was R98 962.79 wat deur die Departement deels gesubsidiëer is en die ACVV self vir R24272.17 moes instaan – ‘n byna bomenslike taak destyds. Die laagste tender, van ene mnr. A.C. van der Westhuizen, is aanvaar.

Mnr. en mev. Jannie en Lily Pretorius, destyds van die ACVV, het deurentyd met mnr. J. Vorster van die Departement van Gemeenskapsbou en Volkswelsyn in Kimberley onderhandel om ‘n waardige tehuis vir bejaardes van dié omvang binne die raamwerk en voorwaardes van die Departement en eie finansiële vermoëns daar te stel.

Na oneindige onderhandelinge, berekeninge, sketsplanne en kwotasies, en baie meet en pas, is Huis Jan Vorster op 24 April 1971 ingewy. (soos op foto gesien kan word , oorhandig mev. Venter die gegraveerde, silwer sleutel aan die nuwe voorsitter, mev. Ruffini.)

Mettertyd is ‘n ruim sonkamer , kamers vir ‘n siekeboeg en verskeie woonstelle bykomend op die terrein opgerig.

Die Hoofkantoor van die ACVV. (Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging) is in die Kaap. Hulle het 64 residensiële fasiliteite vir bejaardes in Wes -, Oos -, Suid - en Noord-Kaap. Alhoewel dit in die huidige finansiële tydvak intense beplanning en bestuur verg, voorsien hierdie fasiliteite in ‘n groot behoefte aan bejaardes. Met goeie bestuur en deelname en hulp van instansies en die publiek is Huis Jan Vorster ‘n tuiste vir baie.

 

Die 1976-groep saam met hulle gades.

 

 

Gedurende die naweek van 23 tot 25 September 2016, het twee matriekgroepe van Hoërskool Kalahari, die 2006-groep en die 1976-groep reünie gehou.

Die 2006-groep het Vrydagaand hul verrigtinge by die skool afgeskop met ‘n braai. Saterdag was daar ‘n dans en ete by Hoërskool Kalahari se hotelskool.

Die 2006 is vergesel deur hul gades en ‘n hele klomp klein kindertjies wat hulself gate uit geniet het op die springkasteel.

Vir die 1976-groep het die feesvieringe Vrydagaand by Red Sands begin, gevolg deur ‘n ontbyt Saterdag by Hoërskool Kalahari se hotelskool en ‘n toer deur die skool. Saterdagaand was daar ‘n spitbraai op Kameeldoringpark en Sondag is daar natuurlik swaar afskeid geneem na brunch in die koshuis.

Van die 81 matrieks wat in 1976 klaargemaak het, was 27 by die reünie – saam met die gades was dit 48 mense.

Die 1976-klas hou elke 10 jaar reünie – 10, 20, 30 en nou ook 40 jaar saamgevier. Hulle het besluit om van hier af vorentoe elke vyf jaar bymekaar te kom!

Dit was vir beide groepe ‘n ongelooflike naweek vol onthou jy nog… staaltjies, baie lag en selfs tye van heimwee.

 

 

Die 2006-groep saam met hul gades en kinders. Foto: Hettie du Plessis