Die 1976-groep saam met hulle gades.

 

 

Gedurende die naweek van 23 tot 25 September 2016, het twee matriekgroepe van Hoërskool Kalahari, die 2006-groep en die 1976-groep reünie gehou.

Die 2006-groep het Vrydagaand hul verrigtinge by die skool afgeskop met ‘n braai. Saterdag was daar ‘n dans en ete by Hoërskool Kalahari se hotelskool.

Die 2006 is vergesel deur hul gades en ‘n hele klomp klein kindertjies wat hulself gate uit geniet het op die springkasteel.

Vir die 1976-groep het die feesvieringe Vrydagaand by Red Sands begin, gevolg deur ‘n ontbyt Saterdag by Hoërskool Kalahari se hotelskool en ‘n toer deur die skool. Saterdagaand was daar ‘n spitbraai op Kameeldoringpark en Sondag is daar natuurlik swaar afskeid geneem na brunch in die koshuis.

Van die 81 matrieks wat in 1976 klaargemaak het, was 27 by die reünie – saam met die gades was dit 48 mense.

Die 1976-klas hou elke 10 jaar reünie – 10, 20, 30 en nou ook 40 jaar saamgevier. Hulle het besluit om van hier af vorentoe elke vyf jaar bymekaar te kom!

Dit was vir beide groepe ‘n ongelooflike naweek vol onthou jy nog… staaltjies, baie lag en selfs tye van heimwee.

 

 

Die 2006-groep saam met hul gades en kinders. Foto: Hettie du Plessis

Operasie Gebakte Pere, plaaslike skrywer, Hettie du Plessis se eerste jeugboek vir 8 tot 12-jariges, het rekordstatus bereik. Dis die heel eerste keer in die geskiedenis van die uitgewer, Anna Emm Pty (Ltd), dat 'n jeugboek se eerste druk uitverkoop voordat die boek vrygestel is!

Nagenoeg 60 gaste het op Maandagaand 26 September 2016 die bekendstelling by Café @ Tshimo op Kathu bygewoon.

Ryno von Wielligh, jong opkomende akteur van Laerskool Kathu, het die hoofkarakter, Tiano vertolk. Hy het op ‘n fiets ingejaag en ‘n toneel uit die boek vir die gehoor lewendig gemaak.

Daarna het skrywer Hettie du Plessis almal verwelkom en Magriet van Zyl het die res van die toneel voorgelees.

Jaygé Carstens van Kalahari Skryfklub, het ‘n heildronk ingestel op Operasie Gebakte Pere – soos Tiano dit sou doen en die gehoor het hul glase saam met hom gelig en soos een man die woorde “op Operasie Gebakte Pere” geuiter!

Lindie Neethling, ‘n Anna Emm agent op Kathu, het vertel hoe Anna Emm Pty (Ltd) ontstaan het. Sy het volgens die Anna Emm tradisie ‘n rooi beker aan die skrywer, Hettie, oorhandig.

Aan die begin van die jaar het Hettie vir haarself een doelwit gestel – hierdie jaar wil sy ‘n kinderboek publiseer.

Toe Anna Emm in Maart hierdie jaar ‘n mentorskap program begin waar sy jou help om ‘n jeugboek te skryf, het Hettie nie eens twee maal gedink nie. Die legkaart stukke het net vanself in plek begin val.

Hettie du Plessis is ‘n dromer wat huppel tussen skoenlappers, glybaan ry op reënboë en sweef op wolke. Sy pen haar verbeeldingsvlugte neer en hoop dat dit, soos papiervliegtuigies, by elke leser sal gaan land en inspirasie bring.

 

Tiano se ma is 'n sepie-ster, en sy pa 'n beroemde sjef. Die paparazzi volg hulle oral. So toe Tiano se liefdadigheidsprojek, OPERASIE GEBAKTE PERE, skeefloop en 'n klomp mense siek maak, weet hy sommer die storie gaan die voorblad haal. Behalwe as hy dit kan keer...

In 'n desperate poging om sy fout reg te stel, probeer Tiano en Oom Sampie, die restaurant se kok, om die geheime bestanddeel op te spoor. Maar dis nie so maklik as 'n nuuskierige joernalis met 'n kamera jou oral volg nie!

OPERASIE GEBAKTE PERE is 'n lekkerlees, moderne jeugboek. Die boek is by Hettie self beskikbaar teen R120 per boek. Kontak haar gerus op 072 217 6690.

 

 



Youth volunteers affiliated to the Tsantsabane Youth Advisory Centre, attended a refresher course during the week of 13 September 2016.

The refresher course was a 4-day intervention by LoveLife to ensure its implementers in the Tsantsabane municipal area are equipped and ready to respond to the myriad of challenges youth faces on a daily basis.

Programme Manager, Julia Malgas, selected 25 groundBreakers and mpintshies from different communities in the Tsantsabane municipal area.

The topics of the course included, amongst others, leadership skills and decision-making and substance abuse intervention.

LoveLife is a South African non-governmental organisation which implements a large-scale national youth leadership development programme with the overarching aim of “building complete young leaders for a better future”.

The innovative youth leadership development programme of LoveLife in the Tsantsabane municipal area is funded by Kumba Kolomela.

Young people interested in volunteering at LoveLife can contact centre manager, Hendre Jacobs at 053 313 0146 or log a query at the offices of the not-for-profit in Breëstreet, Postmasburg.

 

Young people are seen here busy with an energizer activity during a refresher course recently.

Hettie du Plessis, skrywer van Kathu Gazette se Storieboom kinderstories, spog nou ook met haar heel eerste jeugboek vir 8 tot 12-jariges.
Die boek is uitgegee deur Anna Emm Jeugboeke. Anna Emm glo in die krag van stories. Sy glo dat 'n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie. Dit is haar hoop dat Anna Emm (Pty) Ltd 'n bron van sulke stories sal wees.
Hettie du Plessis het op 23 Januarie vanjaar 'n doelwit vir 2016 neergeskryf, naamlik om haar eerste boek vir kinders te publiseer. Dit is dus met groot opgewondenheid dat sy die verwesenliking van hierdie droom met Kathu kan deel, tydens die boekbekendstelling op 26 September 2016.
Alhoewel baie skrywers sê dit is vir hulle moeilik om weer soos 'n kind te dink, is Hettie se inner child beslis nog lewend en huppelend.
Hettie du Plessis is 'n dromer wat huppel tussen skoenlappers, glybaan ry op reënboë en sweef op wolke. Sy pen haar verbeeldingsvlugte neer en hoop dat dit, soos papiervliegtuigies, by elke leser sal gaan land en inspirasie bring.
Operasie Gebakte Pere handel oor 'n seun, Tiano, wie se ma 'n sepie-ster, en sy pa 'n beroemde sjef, is. Die paparazzi volg hulle oral. So, toe Tiano se liefdadigheidsprojek, Operasie Gebakte Pere, skeefloop en 'n klomp mense siek maak, weet hy sommer die storie gaan die voorblad haal. Behalwe as hy dit kan keer . . .
In 'n desperate poging om sy fout reg te stel, probeer Tiano en Oom Sampie, die restaurant se kok, om die geheime bestanddeel op te spoor. Maar dis nie so maklik as 'n nuuskierige joernalis met 'n kamera jou oral volg nie !
Operasie Gebakte Pere is 'n lekkerlees, moderne jeugboek met illustrasies deur die 16-jarige E Lanie.
Operasie Gebakte Pere is beskikbaar op vooraf-bestelling teen R100 elk. Vanaf 27 September 2016, sal die normale prys van R120 geld.
Die boekbekendstelling vind plaas op Maandagaand 26 September 2016 om 18:30 by Café @ Tshimo. Toegang is gratis en almal is welkom. Die enigste vereiste is om teen 22 September 2016 te RSVP by Hettie. Haar nommer is 072 217 6690.

Die Goue Gerwe het ‘n baie leersame vergadering op Dinsdag 20 September 2016 gehad toe Suster Monika de Klerk hulle toegespreek het. Suster de Klerk is die eienaar van die Twinkel Homebase Care 4 You Kliniek op Deben. Die kliniek het drie bene, naamlik: Homebase, Wellness en Primary Health Care. Sy bedien Deben, Kathu en so ver as Olifantshoek. Sy het ook gepraat oor hartsiektes, beroerte en kanker en wat hulle waarskuwingstekens is.

Two young men from Olifantshoek woke up one day totally clueless where to go and submit their applications for a simple job at their disposal. As a collective they then thought of turning their sweet voices into livelihood but in their sub-conscience it never had percolated into their minds they could go beyond entertaining church members. After being spotted by unknown talent seekers their gods answered them. They were invited by Ingoma Gospel Music Awards Theatre Group based in Midrand to represent the Northern Cape on August 27, 2016 a feat they never dreamt about. Their theatrical performance at the musical gala did not bring the usual medals expected but they won the hearts of great performers who have given them the slot to represent the Northern Cape under the guidance of music gurus in the next annual festival. They went through thorough interviews during the visit as observers and analysts had discovered a hidden potential in them. According to John Chippo and his counterpart King Junior, the founders of Vision Entertainment, the group is now composed of four. The other two are female singers Tete Ju Amor and Mallyville Paul who later joined them to spice up the lyrical pudding. Before being discovered the band has travelled to neighbouring countries such as Namibia and Botswana. Their first release track sold well locally, and also in Angola and Zambia and according to King Junior more is yet to come. The band is to be managed by Lungile Dube who is an expert in the industry and in particular, gospel music.

 

King Junior and John Chippo Vision Entertainment founders.             

Nina Brown het Kathu op Sondag 28 en Maandag 29 Augustus 2016 besoek, waar sy ‘n "Style your Rhythm" werkswinkel by Mongoose Gastehuis aangebied het. Diegene wat dit bygewoon het sê dit was ‘n ongelooflikke ondervinding - geestelik sowel as uiterlik, 'n dag wat elke vrou behoort te ondervind. Foto: Suné Pienaar

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !