In plaas van sy gewone geel en swart strepe is hy nou glads rooi en swart van woede.
“Oukei, oukei. Ontspan. Ek is net 'n bietjie opgewonde,” keer Flikflooi vinnig.
Marius verkleur weer terug na geel. “As jy nie omgee nie, ek gaan eerder vlieg. Ek het nie sulke lekker stapskoene soos jy nie. Maar ek sal naby die grond vlieg, sodat jy by my kan bly,” sê Marius.
“Moenie bekommer nie. Ons vlooie kan lekker ver spring. So ek sal spring-spring-spring terwyl jy vlieg,” sê Flikflooi en begin al klaar spring voor hy nog klaar gepraat het.
Marius vlieg en Flikflooi spring-spring-spring.
“Marius wag! Hierdie tafeldoek van my is bietjie ongemaklik om te dra,” roep Flikflooi.
Marius vlieg af tot langs Flikflooi. “Jy het mos nou die verdomde selfiestok – maak dit aan die stok vas, dan dra jy dit oor jou skouer.”
“Dankie, dis 'n goeie idee. Terwyl ons nou stilstaan, wil jy dalk ietsie eet?” vra Flikflooi en maak sommer klaar die tafeldoek oop.
Hulle eet en eet tot daar amper net krummels en appelstronke oor is.
“Nou is ek te swaar om te vlieg,” kla Marius.
“En ek is te swaar om te spring,” sê Flikflooi.
Vir 'n entjie stap Marius net rustig langs Flikflooi, met die selfiestok waaraan hy die tafeldoek in 'n bondeltjie vasgemaak het, oor sy skouer. Die huis raak klein agter hulle en die son begin sak.
“Flikflooi! Ek dink ons moet maar hier slaap vanaand,” sê Marius toe hulle by 'n gastehuis in die woud kom.
Hulle klop aan die houtdeur in die stam van die boom en 'n liewen-heersbesie maak die deur oop. Sy het 'n bril met ronde glase op aan en 'n grys bolla op haar kop. Sy lyk amper net soos Flikvlooi se tafeldoek, maar in plaas van rooi met wit kolle, is haar dop rooi met swart kolle. “Naand, naand, my naam is Bonita. Hoe kan ek help?”
“Goeienaand, ons wil asseblief slaapplek hê vir die nag,” vra Marius by die toonbank.
Flikflooi dwaal in die gang rond. “Iets ruik darem maar fantasties!” roep hy uit en stap dan terug na die toonbank toe. “Ek sê iets ruik darem maar fantasties. Bedien julle aand-ete hier?” vra hy dan vir Bonita.
“Wil jy wraggies weer eet?” vra Marius verbaas. Hy vryf oor sy maag wat nog steeds baie vol is van al die padkos.
“Julle is welkom om aandete te kom geniet. Dit is ingesluit by die prys van die kamer. Daar is môre oggend 7:00 ontbyt ook,” nooi Bonita. “Julle is in kamer 4. Dis net hier op met die trappe. O ja, moet net nie te veel raas naby kamer 7 nie. Daar bly 'n nors verkleurman.” Dan gee sy die kamersleutel vir Marius.
“Ek gaan eers aandete eet. Kom jy saam?” vra Flikflooi.
“Nee, gaan jy maar. Ek is regtig nog versadig. Ek wil eerder 'n bietjie rus inkry. Wie weet hoe ver ons nog môre moet gaan op soek na die geheime kamer,” sê Marius.
“Vat sommer die padkos saam kamer toe,” sê Flikflooi en gee die selfiestok met die bondeltjie aan vir Marius. “Nee wag, haal eers die selfiestok af. Ek sal 'n selfie wil neem met die kos wat só lekker ruik!”
“Hier is die selfiestok. Ek gaan kamer toe. Nag,” sê Marius.
Flikflooi kan sien Marius raak ongeduldig en hy bly eerder dadelik stil, voor Marius weer rooi word van woede. Rooi bye steek blykbaar baie seer.
Marius stap alleen op met die trap-pe. “Selfiestok, selfiestok, selfiestok,” mompel hy en sien kamer 7 aan sy regterkant.
Skielik swaai die deur oop. Daar kom 'n blink lig uit.
“Wie spreek die gonswoord wat die geheime kamer open?” bulder 'n stem uit die binnekant.
“Die geheime kamer! Flikflooi! Kom hier! Ek het die geheime kamer gekry!” roep Marius.
Voor jy kan sê 'selfiestok' is Flikflooi langs Marius voor kamer 7 se deur.
“Wie spreek die gonswoord wat die geheime kamer open?” bulder die stem weer uit die binnekant van die kamer.
Die helder lig verdof. Aan die bin-nekant kan Marius en Flikflooi nou 'n yslike verkleurman sien. Hy is omring deur groen rook.
“Ek vra...” kom die stem weer.
“Ek is Marius. Ek het ver gekom, want ek het gehoor daar is tower-blomme in die geheime kamer wat mens met 'n geheime gonsword moet open,” begin Marius verduide-lik.
Flikflooi kruip agter Marius weg.
“Wat is dit wat jy met die tower-blomme wil doen?” vra die bulde-rende stem uit die kamer.
“Daar is byna nie meer blomme vir ons bye om heuning te maak nie. Ek het gehoor dat hierdie towerblom-me nooit ophou blom nie. As ons dit kan plant, sal daar vir altyd heuning wees,” verduidelik Marius verder.
“Is jy nie bang nie?” fluister-vra Flikflooi.
“Shhh...” maak Marius hom stil.
“Wie dink jy is jy om my towerblom-me te kom steel? Kom hier jou lekker sappige vet by!” roep die verkleur-man en in 'n oomblik is sy lang taai tong by Marius se kop.
Flikflooi duik net betyds vir Marius plat. “Los die blomme, ons moet hier wegkom!” skree hy.
Met die duikslag gaan die tafel-doek met die padkos oop. 'n Pakkie Smarties rol uit tot teen die verkleur-man se voorpoot. Sy poot word pienk, dan pers, dan blou, dan groen dan rooi. Sy oë draai al in die rondte en stoom kom by sy ore uit. Daar is 'n harde geluid soos 'n skoolklok wat lui en kadoemps, val die verkleurman om. Hy word al hoe kleiner tot hy heel verdwyn.
Versigtig tree Marius en Flikflooi vorentoe tot in die kamer. Dis net goud en silwer waar jy kyk.
Flikflooi maak sy tafeldoek vol.
Marius wil huil. Hy voel hoe die eerste traan wil-wil begin rol oor sy wang.
“Wat is fout?” vra Flikflooi.
“Ek sien glad nie die towersaad vir die blomme wat nooit ophou blom nie. Al hierdie goud en silwer gaan niks vir ons bye beteken nie,” sê hy met 'n krakerige stem.
“Kyk daar!” roep Flikflooi uit en wys na 'n pakkie saad wat op 'n goue tafeltjie staan. Daar is 'n glas koepel bo-oor.
“Dankie Flikflooi. Dit is beslis die towersaad. Ek kan dit nie glo nie, maar jy het my regtig so baie gehelp. Ek sou dit nooit sonder jou en jou selfiestok kon kry nie,” sê Marius en gee vir Flikflooi 'n drukkie.
“Gepraat van selfiestok, sê kaas...”  
“Towerblomme!” sê Marius en glimlag breed vir die foto.

Flikflooi lê op sy bed en gesels met Woef, sy troetel-luis. “Woef, hoekom moet ek 'n vervelige vlooi seun wees? Hoekom gebeur daar nooit iets opwindends in my lewe nie?” kla hy.
Die volgende oomblik sien Flikflooi 'n reuse-by voor sy kamervenster. Die by lyk moeg. Flikflooi spring op en met Woef agterna, hardloop hy tot by die by. “Haai, my naam is Flikflooi. Jy is die grootste by wat ek nog ooit gesien het! Waar kom jy vandaan?” peper Flikflooi hom met die vrae.
Die groot by se vlerkies hou op klap. Hy kom staan voor Flikflooi op die gras. Hy sukkel 'n rukkie om sy asem terug te kry. “Hallo,” groet hy dan met 'n diep stem. “My naam is Marius. Ek het baie ver gevlieg tot hier. Ek soek na 'n geheime kamer. My pa sê...” dan stop Marius eers en buig vooroor om weer asem te skep.
“Wat? Wat is dit? Wat sê jou pa van die geheime kamer?” vra Flikvlooi en spring op-en-af van opgewondenheid én nuuskierigheid.
“My pa sê daar is baie skatte in die kamer, maar wat ons wil hê is die saad van towerblomme wat nooit ophou blom nie. Waar ek vandaan kom is daar amper niks meer blomme oor om heuning van te maak nie,” verduidelik Marius.
“Ek sal jou help. 'n Wêreld sonder heu-ning is beslis nie 'n wêreld waarin ek wil woon nie!” roep Flikflooi uit en spring in die lug op. “My lewe is hoeka so verve-lig,” sê hy dan en sy ore hang sommer.
“Ons het nie baie tyd nie. Ek is nie heeltemaal seker waar die geheime kamer is nie, want soos die naam sê – dis 'n geheim. Maar my pa en al die ander bye se vertroue is in my om die towersaad huis toe te bring,” sê Marius. Hy klink haastig, maar hy sukkel nog om behoorlik asem te haal.
“Kom in. Kom rus net 'n klein rukkie. Jy is regtig te moeg om nou verder te vlieg. Laat ek net vir ons kos inpak, dan kan ons verder gaan,” stel Flikflooi voor. “Hier is vir jou lekker koue koeldrank,” sê hy en sit 'n glas voor Marius neer.
Die ys klingel teen die rand van die glas soos Marius die koeldrank drink.
Flikflooi gooi 'n rooi tafeldoek met wit kolle op die tafel oop. Dan pak hy die heerlikste vrugte en brood daarin en knoop dit toe. “Hoe voel jy nou? Ek is gereed om te gaan.”
“Ek voel stukke beter, dankie Flik-flooi,” sê Marius en skuif die glas voren-toe.
“Ek moet seker my ma-hulle laat weet ek gaan weg. Maar ek moet nou slim wees. Ek kan nie 'n SMS stuur nie, dan sal hulle sê ek mag nie gaan nie. Ek sal vir hulle 'n briefie op die tafel los. So, teen die tyd dat hulle uitvind ek gaan weg, is ek al te ver om te bly.” Flikflooi skryf vinnig 'n briefie en los dit op die tafel. “Woef, jy moet die huis mooi oppas jong. Ek sien jou gou weer,” groet hy en vryf Woef se ore.
“Gaan jy heelpad kaalvoet loop?” vra Marius bekommerd.
“Jy is reg. Wag net bietjie, dat ek behoorlike stapskoene aantrek.” Daarmeer verdwyn Flikflooi in die kamer in en kom 'n rukkie later uit met sy stapskoene aan, sy selfoon en 'n selfiestok.
“Nou toe, is jy reg om te gaan?” vra Marius en ignoreer maar die selfie-stok. Hy het nog nooit van dié nuwe uitvindsel gehou nie.
“Jy het geen idee nie. Ek wag al my hele lewe vir hierdie avontuur!” skree Flikflooi en maak 'n bollemakiesie op die gras. “Wag, kom staan gou hier langs my vir 'n selfie!” Flikflooi begin solank die selfiestok opstel vir die foto. “Sê kaas, nee wag, sê heuning, of nee, sê towerblomme,” babbel Flikflooi en gooi sy arm om Marius se lyf.
“Flikflooi...” is al wat Marius sê. Hy glimlag vir die foto, maar sy stem klink kwaai.
Kliek, neem Flikflooi die foto. “Nog ene vir...”
Marius ruk homself los uit Flikflooi se arm. “Ek het nie tyd vir jou speletjies nie. Kom jy of bly jy?” vra Marius.
In plaas van sy gewone geel en swart strepe is hy nou glads rooi en swart van woede.
“Oukei, oukei. Ontspan. Ek is net 'n bietjie opgewonde,” keer Flikflooi vinnig.
Marius verkleur weer terug na geel. “As jy nie omgee nie, ek gaan eerder vlieg. Ek het nie sulke lekker stapskoene soos jy nie. Maar ek sal naby die grond vlieg, sodat jy by my kan bly,” sê Marius.
“Moenie bekommer nie. Ons vlooie kan lekker ver spring. So ek sal spring-spring-spring terwyl jy vlieg,” sê Flikflooi en begin al klaar spring voor hy nog klaar gepraat het.
Marius vlieg en Flikflooi spring-spring-spring.
“Marius wag! Hierdie tafeldoek van my is bietjie ongemaklik om te dra,” roep Flikflooi.
Marius vlieg af tot langs Flikflooi. “Jy het mos nou die verdomde selfiestok – maak dit aan die stok vas, dan dra jy dit oor jou skouer.”
“Dankie, dis 'n goeie idee. Terwyl ons nou stilstaan, wil jy dalk ietsie eet?” vra Flikflooi en maak sommer klaar die tafeldoek oop.
Hulle eet en eet tot daar amper net krummels en appelstronke oor is.
“Nou is ek te swaar om te vlieg,” kla Marius.
“En ek is te swaar om te spring,” sê Flikflooi.
Vir 'n entjie stap Marius net rustig langs Flikflooi, met die selfiestok waaraan hy die tafeldoek in 'n bondeltjie vasgemaak het, oor sy skouer. Die huis raak klein agter hulle en die son begin sak.
“Flikflooi! Ek dink ons moet maar hier slaap vanaand,” sê Marius toe hulle by 'n gastehuis in die woud kom.
Hulle klop aan die houtdeur in die stam van die boom en 'n liewen-heersbesie maak die deur oop. Sy het 'n bril met ronde glase op aan en 'n grys bolla op haar kop. Sy lyk am-per net soos Flikvlooi se tafeldoek, maar in plaas van rooi met wit kolle, is haar dop rooi met swart kolle. “Naand, naand, my naam is Bonita. Hoe kan ek help?”
“Goeienaand, ons wil asseblief slaapplek hê vir die nag,” vra Marius by die toonbank.
Flikflooi dwaal in die gang rond. “Iets ruik darem maar fantasties!” roep hy uit en stap dan terug na die toonbank toe. “Ek sê iets ruik darem maar fantasties. Bedien julle aand-ete hier?” vra hy dan vir Bonita.
“Wil jy wraggies weer eet?” vra Marius verbaas. Hy vryf oor sy maag wat nog steeds baie vol is van al die padkos.
“Julle is welkom om aandete te kom geniet. Dit is ingesluit by die prys van die kamer. Daar is môre oggend 7:00 ontbyt ook,” nooi Bonita. “Julle is in kamer 4. Dis net hier op met die trappe. O ja, moet net nie te veel raas naby kamer 7 nie. Daar bly 'n nors verkleurman.” Dan gee sy die kamersleutel vir Marius.
“Ek gaan eers aandete eet. Kom jy saam?” vra Flikflooi.
“Nee, gaan jy maar. Ek is regtig nog versadig. Ek wil eerder 'n bietjie rus inkry. Wie weet hoe ver ons nog môre moet gaan op soek na die geheime kamer,” sê Marius.
“Vat sommer die padkos saam kamer toe,” sê Flikflooi en gee die selfiestok met die bondeltjie aan vir Marius. “Nee wag, haal eers die selfiestok af. Ek sal 'n selfie wil neem met die kos wat só lekker ruik!”
“Hier is die selfiestok. Ek gaan kamer toe. Nag,” sê Marius.
Flikflooi kan sien Marius raak ongeduldig en hy bly eerder dadelik stil, voor Marius weer rooi word van woede. Rooi bye steek blykbaar baie seer.
Marius stap alleen op met die trap-pe. “Selfiestok, selfiestok, selfiestok,” mompel hy en sien kamer 7 aan sy regterkant.
Skielik swaai die deur oop. Daar kom 'n blink lig uit.
“Wie spreek die gonswoord wat die geheime kamer open?” bulder 'n stem uit die binnekant.
“Die geheime kamer! Flikflooi! Kom hier! Ek het die geheime kamer gekry!” roep Marius.
Voor jy kan sê 'selfiestok' is Flikflooi langs Marius voor kamer 7 se deur.
“Wie spreek die gonswoord wat die geheime kamer open?” bulder die stem weer uit die binnekant van die kamer.
Die helder lig verdof. Aan die bin-nekant kan Marius en Flikflooi nou 'n yslike verkleurman sien. Hy is omring deur groen rook.
“Ek vra...” kom die stem weer.
“Ek is Marius. Ek het ver gekom, want ek het gehoor daar is tower-blomme in die geheime kamer wat mens met 'n geheime gonsword moet open,” begin Marius verduide-lik.
Flikflooi kruip agter Marius weg.
“Wat is dit wat jy met die tower-blomme wil doen?” vra die bulde-rende stem uit die kamer.
“Daar is byna nie meer blomme vir ons bye om heuning te maak nie. Ek het gehoor dat hierdie towerblom-me nooit ophou blom nie. As ons dit kan plant, sal daar vir altyd heuning wees,” verduidelik Marius verder.
“Is jy nie bang nie?” fluister-vra Flikflooi.
“Shhh...” maak Marius hom stil.
“Wie dink jy is jy om my towerblom-me te kom steel? Kom hier jou lekker sappige vet by!” roep die verkleur-man en in 'n oomblik is sy lang taai tong by Marius se kop.
Flikflooi duik net betyds vir Marius plat. “Los die blomme, ons moet hier wegkom!” skree hy.
Met die duikslag gaan die tafel-doek met die padkos oop. 'n Pakkie Smarties rol uit tot teen die verkleur-man se voorpoot. Sy poot word pienk, dan pers, dan blou, dan groen dan rooi. Sy oë draai al in die rondte en stoom kom by sy ore uit. Daar is 'n harde geluid soos 'n skoolklok wat lui en kadoemps, val die verkleurman om. Hy word al hoe kleiner tot hy heel verdwyn.
Versigtig tree Marius en Flikflooi vorentoe tot in die kamer. Dis net goud en silwer waar jy kyk.
Flikflooi maak sy tafeldoek vol.
Marius wil huil. Hy voel hoe die eerste traan wil-wil begin rol oor sy wang.
“Wat is fout?” vra Flikflooi.
“Ek sien glad nie die towersaad vir die blomme wat nooit ophou blom nie. Al hierdie goud en silwer gaan niks vir ons bye beteken nie,” sê hy met 'n krakerige stem.
“Kyk daar!” roep Flikflooi uit en wys na 'n pakkie saad wat op 'n goue tafeltjie staan. Daar is 'n glas koepel bo-oor.
“Dankie Flikflooi. Dit is beslis die towersaad. Ek kan dit nie glo nie, maar jy het my regtig so baie gehelp. Ek sou dit nooit sonder jou en jou selfiestok kon kry nie,” sê Marius en gee vir Flikflooi 'n drukkie.
“Gepraat van selfiestok, sê kaas...”  
“Towerblomme!” sê Marius en glimlag breed vir die foto.storieboom