Polisie besoek Pikkie Pret

Wet & Orde / Law Enforcement
Typography

Op Dinsdag 13 September 2016 het die Polisie die Pikkie Pret kleuters besoek. Die vriendelike konstabels het aan die maatjies van die toerusting gewys, wat deur die Polisie gebruik word. Van die maats kon dit selfs vashou en aantrek. Hulle het ook gesien hoe lyk 'n polisie beampte in vol uniform.

Die maats het ook gehoor van die gevare wat skuil op straat en daar is ook verduidelik wat 'n vreemdeling is.

Pikkie Pret personeel bedank graag vir Konstabel Williams, Konstabel Meyer, Kenneth Khukhe en Gift Sebego. Ons het jul besoek baie geniet!