Plaasaanvalmemorandum aan SAPD

Community & Police
Typography

AfriForum se takke in Kalahari het op 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié streek oorhandig om die fokus op plaas-aanvalle en -moorde te vestig.
Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig : Upington, Springbok, Kuruman en Kathu. By die meeste polisiestasies is die memoran-dums positief ontvang.
“Die aantal plaasaanvalle en -moorde
styg onrusbarend, veral in 2017, en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoör-dineerder vir die Noord-Kaap.
AfriForum is tans in proses om strukture wat gemik is op die bekamping van geweldsmisdaad in dorpe en op plase te vestig en te versterk.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !