Top Stories

Kumba Kathu Fietsry Klub was hierdie jaar weer baie bevoorreg om aan die Cape Argus Fiets Toer te gaan deelneem.Veertien van die klub se lede het deelgeneem en die wedren veilig voltooi in ‘n baie warm Kaapstad. Christo en Hennie Matthee op hul tandem het die beste gevaar van die groep met Yolandi Richards wat met ‘n baie goeie tyd, 116de algeheel van die vroue geëindig het, voorwaar ‘n puik prestasie.Hennie en Christo Matthee se tyd was 03:17:10 en Yolandi Richards s’n 03:19:10; Louis Janse van Vuuren (04:02:00), Sibusiso Mazibuko (04:04:47), Hendrick Pule (04:07:42), Gert Noeth (04:15:40), Muriel Richards (04:57:24), Hannes Smit (04:57:24), George Snygans (05:03:04), Jo-Liza Marais (05:24:18), Riaan Laubscher (05:38:26), Debra Kriel (05:59:31) en Neels Loots (06:45:55).Baie geluk ook aan Debbie Kriel en Gert Noeth, ‘n ontwikkelingsryer van Black Rock wat hul eerste Argus gery het, ook aan Muriel Richards en George Snygans wat onderskeidelik hul dertiende en twaalfde agtereenvolgende Argusse gery het.Die klub wil hul dank en waardering uitspreek teenoor die KCC en die Vervoer Seksie van die myn wat dit vir hulle moontlik gemaak het om te gaan deelneem. Fietsryers in aksie.

Sign up via our free email subscription service to receive notifications when new information is available.
captcha 

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !