Kalahari Mixed Martial Arts Klubs presteer tydens SA Kampioenskappe

Club Sport
Typography

Kathu Mixed Martial Arts Academy: Voor – Lohan le Roux (2 brons), Bronwin van den Heever (1 silwer, 2 brons), Jayden Esau (1 goud). Middel – Lylle Pieterse (3 silwer, 1 brons), Francois Rautenbach (3 silwer), Janko Janse van Vuuren(2 brons),   Melincke Deetlefs (3 goud, 3 brons). Agter – Ziyanda Rasinous (6 goud, 1 brons, 3 trofees), Jasmin April (4 silwer, 1 brons), Jessey Isaacs (1 goud, 1 silwer, 2 brons), Stefan van der Merwe (2 silwer, 1 brons), George le Grange (1 goud, 2 silwer, 3 brons), Shanice April (4 goud, 1 silwer, 1 trofee).  Afwesig- Jacques Seaman (1 silwer).

 

Gedurende die naweek van 1 en 2 Oktober 2016 het lede van Kalahari Martial Arts Academy aan die NMA/ISKA SA kampioenskappe te Stellenbosch deel geneem. Die een van sy soort kampioenskappe bied aan alle martial arts style die geleentheid om teen mekaar mee te ding.  Met ‘n goeie opkoms van net oor die 1200 deelnemers het ons studente weereens uitstekend presteer. Van die afdelings het meer as 30 deelnemers gehad.

‘n Rekord getal van sewe ‘’Grand champion’’ trofees is verower. Alle medalje wenners kwalifiseer dus om volgende jaar aan die VSA OPE/ISKA NMA Wêreldkampioenskappe te VSA, Suid-Afrika te verteenwoordig.

Grand Champion wenners is sensei Peace Molale, Ziyanda Rasinous met 3 trofees, Jemima van Schalkwyk, Shanice April en Gerdre Noeth.

 

Baie geluk aan almal van julle. Julle het die Kalahari se naam hoog gehou.

Dankie aan sensei Rainer Jacobs, sensei Peace Molale, sensei Peet Struwig, sensei Richard Daneel en sensei Jacques Seaman vir al julle harde werk, toewyding en opoffering met ons studente.

Shihan Pieter Pretorius

Uitslae is as volg: