‘n Eerste vir Kathu – Rugby Gholfdag

Club Sport
Typography

Dance Fever Studio hou op Vrydag 18 November 2016 ‘n Rugby Gholfdag om fondse in te samel vir oefen matte, oefen apparate ens. Dit beloof om ‘n lekker ontspan middag op die Gholfbaan te wees.

Die lekker is jy het nie gholfstokke nodig nie, want dit word gespeel met ‘n rugbybal. Twee spelers is in ‘n span en jy speel nege putjies of sal ek eerder sê jy skop nege putjies.

Daar is verskeie pryse om te wen en nie net die beste ouens wen nie. Almal staan ‘n kans om ‘n prys te wen. Daar gaan ‘n getekende foto van Gary Player en ‘n getekende Blou Bul Rugby Trui opgeveil word.

Dit begin om 14:00 die middag en kos R200 per speler. Besoek gerus PicknPay Kathu om in te skryf. Jul kan op Youtube gaan kyk hoe dit werk:

http://youtube.be/1THA6bZXYfA

 

Alfred Shabalala wys hoe dit gedoen word. Foto: Hettie du Plessis