25
Sun, Jun
42 New Articles

Haakbosskerm groot sport(s)

Club Sport
Typography

Haakbosskerm in Deben het onlangs ‘n Markdag aangebied wat onder andere met ‘n Colour Run, ‘n Bergfietsmarathon, ‘n potjiekoskompetisie en ‘n veteraan motor kompetisie gepaard gegaan het – alles vir ‘n goeie doel.

Tussen die fietsry en Colour Run is R5100 ingesamel vir KANSA.

Die uitslae was as volg:

 

FIETSRY:

1 ste plek mans 15 km was Jacques Brandt 

1 ste plek Dames 15 km was Debbie Kriel 

1 ste plek Mans 50 km Martin Grobbelaar

 

COLOUR RUN:

1 ste plek mans was Eben Ludik 

1 ste plek vrouens was Leane van der walt 

1 ste plek seuns was Daemian Lubbe 

I ste plek dogters was Dalandrie Roets 

 

Die veteraan voertuig kompetisie is gereël deur Hanno Kruger ten bate van die NG Kerk Deben en die algehele wenner was Marius van der Merwe met die Ford Karreq 1936.

 

Die potjiekos wenners was die Vleisvreters (Pierre Ludik en Danie du Plessis).