23
Thu, Nov
42 New Articles

Fietsryklub gee om

Club Sport
Typography

Kumba Kathu Fietsry klub was baie bevoorreg om deel te wees van die Haakbosskerm Markdag. Hulle het 'n MTB fiets wedren aangebied, wat bestaan het uit `n “night race” Vrydagaand die 2de Desember, en `n 15 & 50km wedren die Saterdag oggend. Die fiets wedren is in samewerking met KANSA aangebied om fondse in te samel vir `n baie spesiale inwoner van Dibeng, Ebert, seun van Pierre en Anna-Marie Ludik.

Ebert is 'n jaar en ses maande oud en is op 15 Julie 2016 gediagnoseer met Ewing Sarcoma,`n kanker gewas op die brein. Hy het reeds 5 chemo behandelings in Bloemfontein ontvang; die goeie nuus is dat die gewas amper met die helfte gekrimp het.

Die fietsry klub het R3,000 geskenk om te help met die behandeling van hierdie dapper seuntjie. Al ons gebede gaan aan die familie en ons glo en vertrou dat die Here hierdie spesiale mannetjie volkome sal genees.

 

George Snygans, Voorsitter van Kumba Kathu Fietsry klub, oorhandig die skenking aan Ds. André de Villiers, die verteenwoordiger van KANSA in Kathu.  

 

Ds. André oorhandig die skenking aan die Ludik-familie (Anne-Marie, klein Ebert wat die kanker behandeling ontvang).