18
Sat, Nov
49 New Articles

Edelweiss Calitz slyp speelsters en afrigters

Club Sport
Typography

Edelweiss Calitz het netbal slypskole by beide Laerskool Kathu en Curro Kathu aangebied. Edelweiss is 'n Suid-Afrikaanse vlak 2 netbal-afrigter. Die Noordwes onder 21 span het onder haar leiding die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 2016 gewen. Haar leuse vir die kliniek is: To live life with passion and purpose. Sy is voorwaar 'n inspirasie vir ons ywerige netbal-spelers. Ons leer nie net netbal speel nie, maar kry ook waardevolle lewenslesse.