20
Fri, Oct
42 New Articles

Kathu Netbalklub presteer

Club Sport
Typography

Die naweek van 18 - 19 Februarie 2017 het die provinsiale toernooi in Upington plaasgevind tussen 4 distrikte, naamlik Francis Baard, Namak-wa, ZF Mcqawu en John Taolo Gaetsewe (waaronder Kathu klub resorteer).  Baie van die klub se lede is opgeneem in die provinsiale spanne – Senior A en B en O/21.
Na afloop van die Provinsiale Toernooi is proewe gehou om die Noord-Kaap se bes-te netbalspelers te kies wat aan die Nasio-nal Brutal Fruit Toernooi sal deelneem. Hierdie premier liga sal op DStv se Super-Sport kanale uitge-saai word vir 8 aan-eenlopende naweke, vanaf 21 April tot 11 Junie. Die volgende spe-lers van Kathu Klub het die Brutal Fruit span gehaal :  Heleen Aucamp, Beneshia Christie, Eva Batista, Antonina Aparicio en Teresa Faz-Tudo. Voorbereiding is reeds in volle swang en die spelers sien daarna uit om in ste-de soos Durban, Kaapstad en Bloem-fontein te gaan deel-neem. Gedurende die Pro-vinsiale Toernooi in Upington is spelers ook geïdentifiseer wat Noord-Kaap in Durban gaan ver-teenwoordig gedu-rende die Spar Nasio-nale Kampioenskap-pe in Durban. Die spelers van Kathu Klub wat in hierdie oefengroep ingesluit is, is Melanie Mostert, Desiree Leshope, Elouise Badenhorst, Beneshia Christie, Teresa Faz-Tudo en Antonina Aparicio Kathu Netbalklub kan met trots spog op die talent tot hul be-skikking wat eers-daags aan die JTG Streeksliga gaan deelneem. Graag wil Kathu Netbal Klub die bogenoemde spelers alle sterkte toewens, ons weet julle sal ons naam hoog hou. Die Kathu Gazette is baie trots op ons plaaslike spelers wat so mooi presteer. Sterkte met jul krag-metings !