Kathu se plek in JTG Finaal geboek

Club Sport
Typography

Die afgelope naweek, 22 Julie, het Kathu Netbal weereens hulle staal as gesoute spelers gewys in die laaste dag van hul liga, voor die finaal wat gedurende Augustus in Kathu  plaasvind!
Kathu 1 het ter voorbereiding vir die finaal die JTG Provinsiale Manspan aangedurf en met die louere weggestap.  Kathu 1 behaal
'n oorwinning van 25-9 teen die Mans.
Kathu 2 het ook ter voorbereiding van hulle finaal Deben One Vision, wat huidiglik in die A-Liga kompeteer, aangevat en met 'n baie suksesvolle oorwinning van 24-7 weggestap.
Kathu Netbal is trots geklee deur Voltex – Jou Elektriese Konneksie!