Dans in jou Taal, wel gedaan!

Club Sport
Typography

Die dansers van Dance Fever Studio Kathu het op Maandag, 14 Augustus, deelgeneem aan die Kyknet dans kompetisie by Laerskool Kathu. Die baie talentvolle dansers het uitste-kend gevaar tydens die ge-leentheid en hulle het elke oomblik op die verhoog baie geniet, hulle het werklik hul beste gegee. Die dansers het so goed gedoen, hulle is deur na die volgende rondte. Baie geluk meisies julle doen onge-looflike goeie werk en het baie talent!