18
Sat, Nov
49 New Articles

Dans in jou taal

Club Sport
Typography

Van die dansers van Dance Fever Studio Kathu het deelgeneem aan die Dans in jou Taal finale rondte kompetisie op 26 Augustus 2017.
Elke kategorie wenner wen R50 000 se pryse. Die kompetisie was ook uitgesaai op die Kyknet tv-kanaal 146. Die groep wat Exhale gedans het, het hul kategorie gewen !
Kathu kan werklik trots wees op hierdie dansers, want hulle het hard gewerk om te kom waar hulle tans is en het ook Kathu se naam baie hoog gehou. Baie geluk aan die meisies en hul afrigters, asook aan die ander dansers wat so ver gekom het om op hierdie vlak te kon deelneem. Julle presteer ongelooflik !