18
Sat, Nov
49 New Articles

Kalahari Mixed Martial Arts presteer by SA kampioenskappe

Club Sport
Typography

Op 05 Augustus 2017 het lede van Kalahari Mixed Martial Arts klubs daarin geslaag om tydens die Noord-Kaapproewe en kampioenskappe te Kimberley in die Noord-Kaapspan op-geneem te word. Die NMA/ISKA SA kampioenskappe wat op 07/08 Oktober 2017 te Stellenbosch plaasgevind het, was weereens 'n baie geslaagde kampi-oenskap met ongeveer 1200 deelnemers van regoor Suid-Afrika. Alle medalje wen-ners kwalifiseer om in 2018 aan die VSA Ope Wêreldkampioenskappe te Orlando deel te neem.  
van regoor Suid-Afrika. Alle medalje wen-ners kwalifiseer om in 2018 aan die VSA Ope Wêreldkampioenskappe te Orlando deel te neem.  
Kalahari Mixed Martial Arts studente het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en 37 goue-, 45 silwer- en 38 bronsmedaljes verower.
Baie geluk aan almal van julle.