Rietfontein se drome verpletter

Club Sport
Typography

Na Rietfontein se sprokie  begin in die Klein Skole liga is hulle nou  hul onoorwonne status kwyt,  hul moontlike deelname in die uitspeel rondtes daarmee heen na die loesing teen Keimoes Hoἕrskool.

Kort na hanekraai het die rugby –en netbalspan die langpad na Keimoes  aangepak om  Keimoes Hoër in hul agterplaas te pak. In ‘n naelbyt stryd het Rietfontein se netbalspan goed rekenskap van hulle gegee, maar moes met 18-16 die knie  voor  die gasheer buig.

Skuins na twaalfuur die middag het die twee onoorwonne rugby spanne mekaar gepak. Die atmosfeer was elektries en die fanatiese tuisskare was bankvas agter die tuisspan. Binne die eerste vyftien minute was Rietfontein geskok met twee vinnige drieë deur Keimoes. Die keerpunt in die wedstryd was toe Rietfontein se losskakel, Anver du Plessis die veld met ‘n nekbesering verlaat het. Dit was ‘n gevoelige slag vir Rietfontein wie span deur ‘n string beserings gery word. As gevolg van hierdie besering moes daar gedwonge verskuiwings aan die agterlyn gemaak word en dit het die span planloos en eendimensieel laat voorkom. Keimoes het die situasie uitgebuit deur taktiese skopwerk en met aanvallende spel Rietfontein tot foute gedwing en veld gewen. In die skrum het Rietfontein Keenan Bock en Renaldo Benn gemis want Rietfontein het swaar gekry. Keimoes het baljaar met die oorvloed balbesit.  Veral die losskakel en die linkervleuel van Keimoes was die angel in hul span.

Ten spyte van die loesing is daar ‘n paar insidente wat ‘n skadu oor die wedstryd werp. Daar was geen paramedici teenwoordig. Toe Anver du Plessis beseer was, was hy net van die veld gehaal sonder dat ‘n kundige sy besering geassesseer het.  Marquin Vries, haker van Rietfontein se kop  is teen die atletiekbaan se randsteen oop gekloof. Daar was net ‘n bietjie water oor sy kop gegooi, die wond met gaasverband toegedraai en die skeidsregter het hom toegelaat om verder te speel. Die speler moet onmiddellik volgens Boksmart vir harsingskuddingstoets gestuur gewees het. Rietfontein se bestuur het hom na die wedstryd na Keimoes hospitaal geneem vir steke. Gedurigdeur was daar geniepsige spel deur Keimoes en laat in die wedstryd het die skeidsregter uiteindelik ‘n Keimoesspeler met ‘n geelkaart afgestuur. Verder was daar geen doodlyn agter die pale wat beteken die spelers kon enige plek ‘n drie druk.

Ten spyte van die loesing van 31-0 gaan Rietfontein op 21 Julie Grobbelaarshoop pak om hul seisoen op ‘n hoogtepunt te probeer afsluit.

Keimoes druk vyf drieë en verdoel drie daarvan.