17
Tue, Oct
42 New Articles

Curriebeker wedstryd eersdaags op Upington

Club Sport
Typography

//Khara Hais Munisipaliteit in samewerking met die Griekwaland-Wes Rugby-Unie gaan die Curriebeker wedstryd tussen Griekwas en Sharks aanbied te “Mxolisi Dicky Jacobs Stadion op 25 Junie 2016 om 15:00.

Dit sal die eerste keer wees dat ‘n Curriebeker wedstryd in Upington aangebied word.  Derhalwe het Griekwaland -Wes Rugby-Unie dit goed gedink om die wedstryd in Upington te laat plaasvind ten einde die wedstryd meer toeganklik te maak vir die publiek in die Noord-Kaap.  Upington se weerstoestande en die ligging van die stadion het ‘n groot rol gespeel in die besluit wat geneem is.

Die stadion kan omtrent sewe duisend toeskouers akkomodeer en beskik oor die nodige geriewe. 

Bekendes soos Johnathan Arendorf, Johnathan Francke, Alshaun Bock, Clinton Swart, RJ Liebenberg, Steph Roberts, Sidney Tobias en JW Jonker van Griekwas sal teenwoordig wees. Die Sharks sal hul span op ‘n latere stadium bekend maak.

‘n Voorwedstryd tussen Griekwas O/20’s teen Limpopo Blou Bulle O/20’s, asook die Griekwaland-Wes Rugby-Unie Super Liga semi-finaal sal die program voorafgaan.

As deel van die uitreikingsprogramme wat Griekwas bied sal daar verkeie afrigtingsklinieke by verskeie skole aangebied word. 

Geen drank sal toegelaat word in die stadion, ‘n biertuin/tent sal besikbaar wees. Kosverkope sal op die stadion plaasvind.

Kaartjiepryse wissel tussen R 50 vir kinders tot R 80 vir volwassenes.  Kaartjies sal beskikbaar wees by “Computicket.com” en by alle Shoprite Checkers takke regoor die land.

Vir meer besonderhede kontak Elton Esau by 083 488 3378  of epos supplychain@kharahais.gov.za

Vir meer besonderhede kontak Elton Esau by 083 488 3378  of epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.