28
Wed, Jun
42 New Articles

Sprokie vir 'n Kalahari-kind

Hoogtepunte / Highlights
Typography

ñ Klein dogtertjie het eendag vir haar sterwende ouma twee blomme gepluk en gesê sy gee vir haar 'twee brokkies son vir die donker pad' wat voorlê.
Dít is deel van 'n aangrypende on-gepubliseerde kortverhaal uit legen-dariese liedjieskrywer en joernalis Koos du Plessis (10 Mei 1945 - 15 Januarie 1984) se pen.
Deurwinterde sanger Jannie du Toit het die kosbare skatkis van Koos du Plessis se aangrypende en mee-sleurende musiek op Saterdag 11 Maart 2017 by Curro Kathu kom deel. Jannie, tesame met Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker op klavier en trekklavier, het die gehoor bekoor met 21 van Koos du Plessis se be-kendste liedjies soos Gebed, Ska-du's teen die muur, Sprokie vir 'n stadskind, Kouevuur en Kinders van die wind. Daar was ernstiger dele wat puik afgewissel is deur meer humoristiese dele. Die gehoor is vir oulaas bederf met die immergroen Somerkersfees.  Gehoorlede is opnuut oorrompel deur Koos du Plessis se keurige Afri-kaans en uitmuntende skryfvermoë.
Christelle van der Merwe, onder-wyser van Curro Kathu, het dié ver-toning gereël as deel van 'n fondsin-sameling vir haar skoolkoor. Dit is 'n uitsonderlike voorreg om 'n gehalte musiekvertoning soos hier-die in Kathu te kan sien. Dit is jammer dat so 'n geleentheid nie deur meer mense ondersteun word nie. Musiek soos hierdie is beslis nie net bedoel vir 'n uitgelese gehoor nie – niemand sou onaangeraak uit dié vertoning kon stap nie . . .