25
Sun, Jun
42 New Articles

‘I don't forget my roots

Hoogtepunte / Highlights
Typography

Op 4 en 5 Maart 2016, het een van SA se beste choreograwe, Willie Venter, vir Dance Fever Stu-dio in Kathu besoek in wat hy beskryf as 'n “terug-kom en invest”.
Hy het op Vrydag en Saterdag, 'n dans werkswinkel aangebied.
Daar was 'n magdom kinders van graad 1 tot in graad 10 en hulle almal kon baie by Willie leer.
Willie is in Sishen gebore (hy wil nie direk sê watter jaar nie) maar hy sê wel hy het in Hoërskool Kathu skool gegaan en matriek 35 jaar gelede klaargemaak.
Willie sê hy wou al van kindstyd af dans en wegkom uit die plek, want “in die Afrikaanse gemeenskap kon mens nie dans nie”. “Ek het 'n probleem met ouers wat drome van hulle kinders af weghou”, sê hy.
Hy sê in sy e-pos aan Dance Fever Studio dat dit 'n bewys is dat kinders wat dans oor die algemeen meer gelukkig is, omdat hulle fisies gesond en aktief is.
“Ek wil die inspirasie in kinders weer terugbring en hulle die geleentheid gee om te groei, ek wil kinders iets leer, jy weet?”
Willie gaan elke jaar New York toe en by Broadway in Manhattan, “leer ek altyd iets nuut, wat ek dan hier met ons mense kom deel”.
Hy het ook die flashmob Saterdag 5 Maart 2016, in albei malls, georganiseer en gechoreografeer.
Willie is 'n nederige siel.
Met al die ondervinding en goed wat hy al bereik het in sy lewe, noem hy jou op jou naam wanneer hy met jou praat en daarom kyk al sy leerders na hom op in bewondering.
Hy sê aan die einde van die onderhoud, laggend, dat sy grootste droom is om 'n Jetsetter te wees.