Wilmien van der Merwe (35), wat maar die vierde vrou geword het wat die piek van Everest onlangs bereik het, is terug in die Noord-Kaap en in die tuig by Kolomela naby Postmasburg, waar sy as geoloog werk.
Ongetwyfeld is sy deeglik aangepas vir ons winterweer aangesien sy deur die akklimatisasieproses is in haar voorbereiding om Everest se toppunt te bereik.
As 'n mens luister na die omvattende proses wat deurloop moes word om uiteindelik so 'n prestasie te bereik, verstaan 'n mens waarom so min die genoegdoening kan smaak om hul oë op die piek nog hoër na bo, uit dankbaarheid op te slaan, en 'n diep sug van dankbaarheid te slaak...
Wilmien het op 05 April 2017 by Lukla begin klim en het op 25 Mei 2017 om 04:30 die oggend die spits bereik. Die son daar kom op om 05:00. Hierdie laaste skof het reeds die vorige aand om 19:00 vanaf die laaste kamp 4 begin.
Aanvanklik was hulle 'n groep van 8 klimmers. Haar spanmaat vir die eerste drie weke, Kuwati, 'n Maleisiër en 'n Israeli moes egter omdraai. Die tog na die basiskamp is 7 km vanaf die begin en is 5300m hoog. Vanaf die basiskamp word verskeie op en neer staptogte onderneem in die akklimatiseringsprosesse.
Tydens die stapaksies deur die dag, word daar gepeusel aan ekspedisiekos wat saamgevat word. By die kampe waar oornag word, is kos redelik volop en word 'n verskeidenheid van kossoorte voorberei.
'n Satellietfoon was oorwegend altyd beskikbaar en 'n goeie veiligheidsmaatreël is die ankertoue waarmee 'n klimmer deeglik vasgemaak word. Voor 'n klimtog, wat twee keer deur die jaar onderneem word, word hierdie toue deeglik deur die Sherpas getoets, want wind en weer eis hul tol deur die jaar.
Klimmers dra “crampons” - 'n tipe spykerskoen met toepaslike ysterpenne vir die vastrapproses. Volgens Wilmien is die oppervlak ongeveer 80 persent grondysgletsers en 20 persent rotsagtige grond. By sommige dele word die hele oppervlak bedek deur spierwit ysgletsers.
Die laaste 10 dae was Wilmien die enig-ste westerling wat saam met die drie ander begeleidende Sherpas tussen die kampe 1, 2, 3 en 4 bergop en terug geklim het vir die finale akklimatisering.
Die laaste aand het sy met suurstof geslaap om goed uit te rus vir die veeleisende laaste skof.
Dié Sherpas woon met hulle families deur die jaar in die valeie tussen die gletsers en plant groente soos aartappels wat vir dié toestande geskik is en hou ook Yaks, die langhaar beeste, aan. Interessant is dat hul almal dieselfde van “Sherpa” het, maar vooraf 'n naam en plek waar hul vandaan kom wat hul identifiseer. Twee keer per jaar is hul gidse of begeleiers van klimmers.
Op 25 Mei 2017, het Wilmien besef sy is bo-op Everest en 'n groot ideaal is ver-wesenlik. Die Suid-Afrikaanse vlaggie op die foto spreek meer as woorde.
Die aftog was ook nie 'n holderstebolder ervaring nie en het etlike dae geneem totdat sy weer vanaf Kadmandoe - die hoofstad van Nepal, die vlug na Pretoria gehaal het waar ouers en familie haar ingewag het. 
Wilmien vertel dat sy van kindsbeen af van uitdagings en die natuur hou. Hierdie ekspedisie was deel van vele toere na ander dele van die land wat sy al aangepak het. Saam met haar ouers was sy al in Malawi, Egipte, Zimbabwe en Antartika en as gesin is hulle lief daarvoor om uit te kamp. Haar oupa Van der Merwe wat op 92 dood is, was avontuurlustig en het ook die wanderlust gehad. Ook haar ander oupa het veldinspeksies uitgevoer. Dus het die appel duidelik nie ver van die “bome” geval nie.
Wilmien se ouers, Manie en Hettie van der Merwe, woon steeds in Zeerust waar sy grootgeword het. Haar tweelingbroer woon in Kathu en nog 'n suster en broer woon in die Noord-Wes provinsie.
Met passie is Wilmien se boodskap aan die jongmense om hul drome na te streef en nie te klein te droom nie. “Horisonne strek ver en wyd voor jou uit,” sê sy.
Ons gelukwense aan Wilmien met hierdie grootse droom wat sy bereik het. Drome is binne elkeen se bereik – as jy die deur-settingsvermoë en die wil het om hul te verwesenlik.

The Caravan Park was temporarily deserted by the displaced foreigners as hunger took the better side of their new residence. Less than ten of the thirty or so foreign nationals were found asleep in the late hours of the afternoon by the Kathu Gazette journalist. Eager to know of their whereabouts their fellow countryman responded cleanly and later joined by another roommate echoing the same reason. ´There is no food here brother since you last came here no one came to give us food. As a result others left this place to look for food in different villages where their friends still operate businesses. They left in the morning, others afternoon but they are coming back to sleep. As I speak there is no water. Brother help tell people that we don’t have food here. Again this place is very far from town and our friends cannot come to see us because of the distance”. Then came an elderly mate to express his views, “My brother we are suffering, human rights people said that they will do something but nothing is forthcoming and the municipality keeps on promising”, he wrapped up.

Asked whether they are prepared to be reintegrated with the Bankara community, the general consensus from about seven of the stranded foreigners said that they have no choice but to go back. “Why?” They responded openly, “We bought land to build shops in Bankara. Most of us, we are married here and have children making it very difficult to leave, and some of us have title deeds for the land that we bought”. They revealed that some of them have South African citizenship and therefore have a right to go back and start a new life. Soon after the interview the Ga-Segonyana mayor Neo Masegela was consulted and hinted that stakeholders would be meeting the Bankara community on February 14, 2015 at 4pm and only then will the fate of the desperate foreigners be known. The community is allegedly divided over reintegration process of these foreigners understandably due to the whirling internal political squabbles within the ANC ward leadership where the councillor and the PR councillor have seething differences in the control of these vulnerable foreigners. Muckraker has also revealed that the ANC provincial elective conference could be a hidden factor contributing to the slow-tackling of the problem as these two are lobbying for two opposing candidates for the provincial chairmanship.

 

Hunger has taken toll of these displaced foreign nationals jammed in the room at Caravan Park. Whom should they lean on now ?                        

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !