ANC-Kandidaat weer in hof na moord op DA-raadslid en vennoot

Politiek / Politics
Typography

Die beskuldigde, Zoniselo (Zet) Magawu (29), wat nou op aanklag van ‘n tweede moord tereg staan nadat die gewonde Shuping Nouse intussen in die hospitaal in Kimberley oorlede is, het op 29 Augustus in die landdroshof op Postmasburg verskyn. ‘n Aansoek om borgtog sal op 22 September in die landdroshof in Daniëlskuil, waarheen die hofverrigtinge nou verskuif, aangehoor word.

Die DA waarvan Johannes Baaitjie (49) as raadslid in die afgelope verkiesing verkies was, se DA-ondersteuners in die kiesafdelings sook lede van ander groepe soos KCF, EFF-party en vanaf Postmasburg STC, het versoek dat Magawu se borgaansoek geweier word. Die skokkende wyse waarop die oorledenes tereggestel is, is volgens die partye onaanvaarbaar. Die oorwoë mening is dat die daad polities-gemotiveerd was.

Magawu wat ‘n kandidaat vir wyk 1 van die Kgatelopele Munisipaliteit (Daniëlskuil) was, is deur die Valke se Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad, wat die saak ondersoek, op 19 Augustus 2016 in hegtenis geneem. Mnr Baaitjie was ‘n DA-kandidaat in wyk 2 van dié munisipaliteit waar hy ook verkies is.

Op Woensdag 17 Augustus, is Baaitjie verwittig dat hy, ‘n potensiële kliënt na 17:00 oor ‘n groot bouprojek in Postmasburg moet ontmoet. Hy het sy sakevennoot, Shuping Nouse saamgeneem. Na bewering moes hy glo die onbekende persoon eers in Postdene ontmoet. Later is hy weer versoek om die persoon in die parkeerterrein naby die hoërskool in die dorp te ontmoet. Die aanduidings is dat hierdie versoeke doelbewuste beplanning was om Mnr Baaitjie weg te lok. Hy het ook die afgelope tyd doodsdreigemente ontvang wat hy by die kiesafdelingshoof aangemeld het.

Mnr Baaitjie se lyk is op Donderdag 18 Augustus 2016 om ongeveer 06:45 langs die pad naby Groenwater gekry. Hy was daar afgegooi en is ook gesleep, word verneem. Daar was twee skietwonde aan sy kop en een in sy bolyf. Daarna is Mnr Nouse naby die hoërskool in Mnr Baaitjie se silwer Ford Ranger bakkie met die DA-plakkers van die onlangse verkiesing, nog op sy deur, gevind. Die plaaslike SAPD wat ontbied is, het hom daar gevind. Hy was ernstig gewond. Die plaaslike hospitaal waarheen hy geneem is het hom onmiddellik na Kimberley verwys waar hy in die intensiewesorgeenheid tot en met sy dood was.

Op 24 Augustus is ‘n gedenkdiens in ‘n stampvol laerskoolsaal in Kuilsville in Daniëlskuil gehou, ‘n saal wat Mnr Baaitjie as bouaannemer help bou het. Verskeie boodskappe ter ere aan Mnr Baaitjie is gelewer deur DA-bestuurslede en lede en plaaslike partye en ondersteuners. Sy broer, Cobie, se woorde in sy boodskap was baie beskrywend van sy broer se meelewende geaardheid : “ Hy sal nie eens sy eie hond in sy werf skop nie”. Dit is duidelik dat Mnr Baaitjie as gemeenskapsleier, besigheidsman, pastoor en gesinsman geliefd was.

Tydens sy begrafnis op 27 Augustus 2016 was die DA se hoofleier, Mnr Musi Maimane en Mnr Andrew Louw die provinsiale leier ook onder die aanwesiges uit Kimberley, Postmasburg en Daniëlskuil wat die diens en ter aarde bestelling bygewoon het . Mnr Maimane het onder andere in sy boodskap gemaan dat die reg nie in eie hande geneem moet word nie maar by die stembus tot sy reg moet kom.

‘n Tussenverkiesing sal in die nabye toekoms in dié wyk vir die vakante posisie gehou word.

Mnr Baaitjie laat sy vrou, Dora en drie seuns - Donovan, Jody en Denver sowel as sy moeder, broers en susters agter.

Johannes Baaitjie – ons sal jou vriendelike lag en meelewendheid onthou – ons sal jou mis