18
Sat, Nov
49 New Articles

Thorburn Security ondersteun Hoërskool Kathu

Skole Nuus / School News
Typography

Thorburn Security ondersteun al ‘n paar jaar vir Hoërskool Kathu en veral Hoërskool Kathu se gholfontwikkelingsprogram. Thorburn se borgskap maak dit vir leerders moontlik om teen ander skole te speel, op toere te gaan en lesse te ontvang. Sonder Thorburn se ondersteuning in die skool se gemeenskapsprojekte, sou baie kinders van geleenthede ontneem word. Hoërskool Kathu sien daarna uit om nog spelers te ontwikkel en bedank Thorburn en veral Mnre Wilhelm Pieterse en Dolf Scheepers vir hul volgehoue ondersteuning.

 

Vlnr: Gerhard Marais (Sportorganiseerder), Samba Jarge (speler), Joaquim Manuel (speler) en Wilhelm Pieterse (Thorburn Streeksbestuurder).