‘n Glimlag en ‘n prostese...

Skole Nuus / School News
Typography

Dit was vir die leerders en onderwysers van Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO ‘n voorreg om vir Paul Steyn te ontmoet.

Paul stap deur die land om geld in te samel vir minder bevoorregtes wat prostese nodig het.

Hy is ‘n jong man met soveel passie vir dit waarvoor hy geld insamel.

Hy het ‘n positiewe uitkyk op die lewe en dit na alles wat hy al moes deurmaak. Hy getuig van geloof, aanvaarding en waardering vir dit wat sy Vader hom gee.

Hoërskool Olifantshoek het hul eie klein heldin wat ook elke dag met ‘n glimlag en ‘n prostese die lewe aanpak, Li-Mari Sweetnam. ‘n Ware voorbeeld vir elke persoon.

Die skool wens Paul sterkte en voorspoed toe met sy staptog tot in Kaapstad.

 

Paul Steyn saam met Li-Mari Sweetnam.