25
Sun, Jun
42 New Articles

Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO

Skole Nuus / School News
Typography

Ontheffing 2017

Nog ‘n mylpaal in die geskiedenis van Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO – Slegs EEN Groentjie (Graad 8): Rencea Spengler.

Maar sy was ‘n sterk baba en kon die “punch” vat vir 2 weke. Deur die molasse, chillisous, dikmelk, rou eiers en noem dit op, het sy anderkant uitgestap met die aangrypendste monoloog op die verhoog. Hier en daar is daar glad ‘n traan gepik. (Dit kan gedoen word).

 

Vrugtefees

Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO het ook Vrugtefees gehou. Die groen- en geelspanne het gewedywer met stroopappels, druiwekorrels wat met die neus gerol is, appels wat van nek tot nek aangegee is en rug teen rug moes twee mekaar voer met piesangs en waatlemoen. Laasgenoemde vrugte het orals beland, behalwe in die mond. Dit was groot sports!